Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Oondgebakte Skaapkop

$
0
0

So lelik maar seker die lekkerste deel van die skaap . 1 heel skaapkop per persoon, baie mooi skoongemaak, deurgespoel met lopende koue water, droog gedruk met skoon vadoek 250 ml water 4 el botter suurlemoensap sout vars gemaalde swartpeper *swaargewig foelie So gemaak: Voorverhit die oond tot 180 C . Sit skaapkop in oondpan Spuit met bietjie suurlemoensap oor die skaapkop Geur baie goed met sout en peper oral om Gooi water in oondpan, stip oral met botter en bedek dig toe met foelie, seel die kante mooi Bak nou vir 2 ure sonder om oop te maak Verwyder die foelie versigtig, dis baie warm, bak nou oop vir nog 2 ure tot goudbruin, bedruip gereeld met pansous . Bedien dadelik met lekker mieliepap of dik snye brood. Die skaapkop word met die hand en knipmes ge-eet, vinger alek lekkerte

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles