![]()
Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder is dit
.
2 gerookte russians
1 kop rou witrys, gaar gekook - afgekoel
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 ui, fyn gekap
1 knofffeltoontjie - gekneus en fyn gekap
100 g cheddar kaas - klein blokkies gesny
sout
gemaalde swartpeper
gedroogde kruie
1 el botter
1 kop cross & blackwell mayonnaise
1 el kondensmelk
Sny die gerookte russians op in skyfies, dan elke skyfie in die helfte
Braai in bietjie botter tot bros, laat afkoel
As als lekker afgekoel en koud is , in 'n lekker groot mengbak voeg die rys, groen soetrissies, ui, knoffel , kaas blokkies en bros gebraaide worsies saam.
Geur met sout en peper na smaak, meng liggies deur
Voeg nou kondensmelk en mayonnaise by , sprinkel met droee kruie na smaak en meng goed deur
Plaas in yskas vir minstens 1 uur dat die geure met mekaar begin gesels