Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Kondensmelk Mosterd Aartappelslaai

$
0
0

Heerlike onthou aartappelslaai soos ons mee groot geword het Bestanddele 4 groot aartappels 3 groot eiers - hard gekook 1 ui fyn opgekap Mayonnaise: 1 groot Bottels Crosse & Blackwell mayonnaise ½ blikkie kondensmelk 2 tl mosterdpoeier aangemaak met bietjie melk sout en peper na smaak pietersielie . . Kook die aartappels tot sag maar steeds ferm, laat afkoel In 'n groot mengbak, skil en sny die aartappels in blokkies Dop die eiers af, sny dit fyn en voeg by die aartappels Voeg fyn ui by Geur met sout en peper na smaak Meng die bottel mayonnaise met ½ blikkie kondensmelk Voeg die mosterdmengsel by en meng goed deur Giet die sous oor aartappels tot mooi klam, meng mooi deur Laat eers buite die yskas goed afkoel voor jy dit in yskas sit Hoe langer hy staan hoe lekkerder, bedek dat yskasgeure nie intrek nie Sit in yskas tot 3 dae Net voor bedien; sprinkel met die pietersielie

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles