Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Heuning en Gemmer Varkboud

$
0
0

Hierdie is 'n hemelse stukkie vleis; die gemmer en heuning komplimenteer mekaar soos vinkel en koljander. Bedien met soet groente patat of pampoen)  as jy warm voorsit. Self baie lekker vir kouevleis en slaai 1 varkboud + - 1½ kg 8 heel knoffeltoontjies sout en peper na smaak olyfolie 4 el botter aartappels ( opsioneel maar baie lekker ) *foelie . Glanseersel: ½ kop heuning ½ kop kookwater 1 el appelkooskonfyt 1 tl fyn gemmer *Meng als mooi saam in koppie tot glad . Voorverhit die oond tot 180°C. As dit nie reeds gedoen is nie, maak op 2cm afstand insnydings deur die vel en boonste laag spek met 'n skerp mes Maak diep gaatjies oralom die boud en druk heel knoffeltoontjies met jou duim diep in Vryf die boud in met sout, peper en olyfolie . Plaas in oondpan, stip oral met botter, seël die pan mooi toe met foelie, blinkkant na onder Bak die boud vir 1 uur, verwyder foelie en plaas halwe aartappels (opsioneel) in die braaipan se vleissappe, geur met sout en peper . Seël weer mooi met foelie, bak vir so 35 min, verwyder foelie, bak nou oop onder rooster Bedruip gereeld tussendeur met glanseersel tot die vel bros en goudbruin bak is . Wanneer die vleis gaar is, laat staan vir 10 minute voor dit opgesny en bedien word

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles