Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Heuning en Amandel Melktert

$
0
0

  Kors: 1 pakkie tennisbeskuitjies fyn gedruk ½ kop botter ½ tl fyn gemmer . Vir die vulsel: 3 kop volroom melk 80 ml heuning 4 groot eiers ¼ kop suiker 3 el koekmeel 3 el meelblom (maziena) mespunt neutmeskaat (nutmeg) 2 el botter ½ tl amandel geursel (essence) ½ tl vanielje geursel (essence) *Kaneel - om te sprinkel . Kors: Meng fyngedrukte koekies met gemmer en gooi gesmelte botter oor, meng goed Druk die krummels op die bodem van 'n tertbak vas en sit in yskas . Vulsel: In 'n medium kastrol bring melk tot amper kookpunt In groot mengbak; Klits die eiers, heuning en suiker saam voeg nou neutmeskaat, koekmeel en meelblom by en meng saam tot mooi gladde deeg Giet nou die warm melk stadig oor die heuningmengsel, terwyl jy vinnig en aanhoudend klits, verkieslik met 'n draad klitser Skep terug in die kastrol en  terug op stoof ,  medium hitte, Kook vir paar minute; hou aan klits voortdurend tot verdik en gaar Haal Kastrol van die plaat  af en klits vinnig in die botter en amandel / vanielje geursel goed by Giet die warm vla in die voorbereide tertkors Sprinkel die tert met die kaneel . Laat dit heeltemal afkoel voordat dit bedien word

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles