Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Lamsvleis Breyani

$
0
0

Geurige Indiese gereg, nou nie Boerekos nie maar ons is ook mos ma lief vir its met 'n byt Ek deel hierdie basiese resep. Jy kan dit dan aanpas met verskillende vleissnitte. Maak seker jy het baie tyd vir die een . 1½ kg Lamsvleis stowevleis bv, opgesnyde skenkel of bredie stukkies 3 uie gekap 6 knoffeltoontjies - gekneus en gekap 1 stuk gemmerwortel - geskil en baie fyn opgekap 6 baba aartappels - geskil en halveer 3 el Breyani Masala 2 kop Basmati rys 1 kop sag gekookte lensies 3 kardemom sade 2 kaneelstokkies 1 tl rissie poeier 1 el borrie 2 el asyn sout na smaak 300 ml olie 4 el botter *500 ml kookolie om aarappels in te braai Method - Voorbereiding Verhit kookolie en braai aartappels tot gaar, verwyder plaas op kombuispapier . Week die rys in kookwater vir 30 minute, dreineer Gooi genoeg kookwater oor tot rys mooi onder water is Voeg sout na smaak en 1 tl borrie by en kook vir 10 minute, dreineer Sit deksel op en laat eenkant rus . Maak nou so: In 'n lekker groot pot, verhit olie, braai vleisstukke tot bruin Voeg asyn, knoffel en gemmer, koppie kookwater by en laat afkook tot vleis begin potbraai Voeg nou die res van die speserye en sout na smaak by Potbraai alles lekker stadig vir 15 minute Voeg koppie kookwater by en laat weer afkook en tot potbraai Potbraai die vleis weer so 15 min tot lekker bruin Gooi 2 koppies kookwater by en kook stadig tot sag Bo op die vleis skep nou jou rys, aartappels, botter en gekookte lensies Gooi 1 koppie kookwater oor, op baie lae hitte prut vir 30 minute Roer alles net eenmaal goed deur, sit deksel op Skakel die plaat af (los die pot op die plaat) en laat staan so vir 1 uur sonder om deksel op te lig Bedien dadelik, sit voor met skyfies piesang, blatjang en tamatie salsa

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles