Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

“Jam Donuts”– Oliebolle

$
0
0

Ek is seker ons almal het met die bederf grootgeword Jy het nodig: 400g koekmeel 1tl sout 10g kitsgis 1tl suiker 45ml water 160ml melk 1 groot eier - geklits ¼ kop botter . *Olie vir diepbraai *Strooisuiker om in te rol *Konfyt van jou keuse Sif die meel, sout en suiker in 'n groot bak en strooi oor die gis Verhit die melk en water en voeg die botter by, roer tot dit gesmelt is, verwyder dan uit die hitte en laat afkoel tot louwarm. Voeg die eier by terwyl jy klits Voeg nou die melkmengsel by die droë bestanddele en werk in 'n stywe deeg. Meng deur met jou vingers en knie nou vir paar minute tot deeg vorm tot glad en elasties Rol in 'n bal, plaas in skottel, bedek die skottel met 'n skoon vadoek/lap of dun kombersie en plaas in 'n warm plek om te styg tot die volume verdubbel het Rol die deeg uit op 'n meeloppervlak 2 cm dik en druk groot sirkels koekiedrukker uit Rangskik op 'n gesmeerde bakplaat, bedek en sit dit op 'n warm plek om te styg totdat die volume weer verdubbel het. Verhit olie in 'n medium diep kastrol (medium hoë hitte) en braai die "donuts" aan albei kante tot goudbruin en gaar Dreineer op papierhanddoeke om oortollige olie te verwyder, rol een vir een in strooisuiker en sit eenkant om af te koel Maak dan 'n sny aan die sykant van die "donuts", druk jou vinger in om 'n holte te maak en vul dit met 'n teetlepel vol van jou gunsteling konfyt (jy kan spuittuit gebruik ook hiervoor) Sit dadelik voor

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles