Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Pasta met Hoender en Sampioen Gebak

$
0
0

Heerlike randrekker, bedien met kraakvars groenslaai en broodrolletjies . ½ pak fatti's & monie's macaroni 3 hoenderborsies 1 ui, fyn gekap 3 knoffeltoontjies , gekneus 1 pakkie sampioene, in skyfies gesny aromat of hoenderspeserye na smaak gemengde droë kruie na smaak sout en peper na smaak bietjie olie 1 kop room kaas, gerasper . Voorverhit oond na 180 C Kook pasta soos op pakkie aangedui, dreineer en roer paar druppels olie deur, hou in kastrol Terwyl die pasta kook, sny die hoenderborsies in klein blokkies Verhit bietjie olie en braai die ui en knoffel tot geurig Voeg aromat/hoenderspeserye en kruie by Voeg hoenderblokkies by en potbraai tot bruin Voeg gekapte sampioene by, braai als lekker saam vir paar minute Gooi room oor laat prut minuut of twee Sout en peper na smaak Roer hoendermengsel by gaar pasta in, in die kastrol Skep oor na gesmeerde oonvaste bak Sprinkel handvol gerasperde kaas oor . Bak in voorverhiite oond, 20 min tot goudbruin . Bedien dadelik

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles