Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

So by my Kool

$
0
0

Heel gebakte Koolkop oor die kole. So ietsie anders as die gewoon. Heerlike bygereg vir braaivleis. . 1 medium koolkop botter 125 ml room aromat na smaak rooi peper na smaak (cayenne peper) peper & sout na smaak paar knoffeltoontjies, geskil en gekneus kaas in skywe gesny 8 repe spek olyfolie *swaargewig foelie. Verwyder die koolkop se buitekantste blare en spoel mooi af onder kouewater Gebruik 'n broodbord en skerp mes. Draai die koolkop dat sy knol na onder wys, plaas op die broodbord Sny die koolkop in dik skywe soos jy brood sal sny, maar nie dwarsdeur nie., die koolkop moet nog onder by sy knol aanmekaar wees Sit 'n klontjie botter of twee tussen die gleuwe, gevolg met gekneusede knoffeltoontjies en dan paar kaas skywe Geur met aromat, rooi peper, sout en peper na smaak Pak nou die spek kruis en dwars oor koolkop Bedruip met olyfolie Gebruik nou twee 60 cm stukke swaar gewig foelie en plaas kruis oormekaar Omvou die kookop nou na bo met ‘n klein opening aan die bo-kant Giet nou die room deur die opening, bind die foelie deeglik toe, gebruik nog 'n vel foelie indien sou verkies Oor matige kole, plaas koolkop op rooster en bak oor konstante hitte so ongeveer 50 min na 'n uur Gebruik 'n sosatie stokkie en druk van bo af deur om kool te toets vir sagheid Bedien dadelik saam braaivleis

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles