Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Grootmaak Gemmerkoekies

$
0
0

Jy kan maar al jou vorige gemmerkoekie resepte weggooi, die is 'n staatmaker. Net soos ouma dit kon maak, met krakies en al Resep kan maklik halveer word ( lewer sowat + - 280 koekies) Jy benodig: 370 g regte botter 2 kop gouestroop 10 kop snowfalke koekmeel 5 kop bruinsuiker 9 el gelyk gemaakte fyn gemmer poeier 8 tl kremetart 8 tl koeksoda half dosyn groot eiers 2 tl fyn sout * eksta botter om bakplaat mee te smeer .So gemaak: In 'n groot skottel, sif saam: koekmeel, gemmer, kremetart, koeksoda en sout Oor matige hitte, smelt botter en stroop saam in 'n diep groot pot Verwyder van plaat en laat goed afkoel Voeg nou eiers by KOUE stroopmengsel en ROER tot alles goed gemeng is Gooi suiker by en roer tot mengsel net deur gemeng is Gooi nou suikermengsel oor gesifte koekmeel mengsel en meng goed deur Bedek deeg met kleefplastiek en plaas in yskas vir 3 ure Voorverhit oond 180 C . Skep opgehoopte teelepels vol deeg en jou handpalm en rol deeg in balletjies en plaas 4 cm uit mekaar op gesmeerde bakplaat en druk balletjies effens plat met jou duim Bak op middelste oondrakke vir +- 10 minute tot goudbruin *Hou deeg in yskas indien jy net een bakplaat gebruik op 'n slag

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles