Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Regop Hoender “flattie” oor die kole

$
0
0

Niks gesukkel en geen gemors van souse nie. Sit en kuier lekkerte, maak tyd vir die een 1 Groot Heel Plaashoender Suurlemoensap Portugese Hoender speserye Sout en Peper na smaak *Toeknyprooster Was die hoender deeglik onder lopende koue water, kyk vir los veertjie;  veral om die vlerkies en verwyder dit Plaas die hoender met rugkant na onder op ’n houtbord Gebruik ’n skerp mes en maak diep sny van die borsbeen tot deur die maagvel. Sny dit versigtig los. Draai die hoender om met borskant na onder en druk dit heeltemal plat. Spoel weer goed af en druk droog met skoon vadoek Spuit goed onder en bo met suurlemoensap, en vryf dit in Plaas Hoender in toeknyprooster Maak 'n lekker hout vuur sodra jy reg is om te begin braai, die vuurtjie hoef nie groot te wees nie, want jy gaan heeltyd 'n houtjie of twee bygooi, sodat jy heeltyd vlamme het Maak die rooster langs die vuur regop staan. beenkant vuur se kant toe gedraai, so 50 cm weg van die vlam af weg Gebruik jou eie skatting om nader of weg te skuif van die vlamme Braai vir 30 min; draai ander kant na vuur se kant toe, Braai en draai so elke 30min om die beurt; als gaan afhang die grootte en dikte van die Hoender , so tussen 2 tot 3 ure stadig braai Gooi sout en peper en portugese hoender speserye na smaak . so wanneer amper reg is om af te haal, die laaste twee klaprooster omswaaie Toets die hoender deur ’n skerp mes in die dikste deel van die hoenderbors te steek, as die sap wat uitloop deurskynend en nie bloederig is nie, is die hoender gaar. As jy nog bietjie kole het, kan jy die rooster plat lê en sy velletjie goudbruin braai Geniet hom !  Dit is heerlik !

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles