Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Sondagmiddag Lamsboud

$
0
0

Sondag lamsboud op die tafel, eg en sonder enige fieterjasies. hier gebruik ons ook nie vreemde bestanddele nie, sout en peper is al wat die Boudjie vra, stadig gaar gemaak totdat die vleis van die been afval. . 1½ tot 2 kg heel lamsboud, op die been sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 3 el botter Aartappels soos verkies per persoon, geskil * As jou oondpan nie 'n deksel het nie benodig jy Foelie Voorverhit jou oond 180 C Plaas 2 eetlepels botter in die middel van die oondpan en plaas die lamsboud bo-op Plaas 2 eetlepels botter bo op lamsboud en geur met sout en peper Bedek of seël nou die oondpan met foelie Plaas in voorverhitte oond en bak vir 1 uur Bring oond hitte af na 160 C en bak verder vir 1½ uur Verwyder foelie versigtig, draai die lamsboud om Rangskik die aartappels om die lamsboud Bedruip met pansous oor lamsboud en aartappels, geur met sout en peper Bedek of seël weer met foelie en bak vir 1 uur Verwyder foelie en bak oop tot aartappels en vleis goudbruin is *Bedruip tussendeur met pansous

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles