Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Sjokolade Pannekoek

$
0
0

Hierdie maklike meng en bak pannekoek-resep is heerlik vir nagereg bederf, jy kan lekker met die een se vulsel speel 4 kop lou water 3 kop koekmeel 2 el kakao poeier 2 el strooisuiker 2 groot eiers 1 tl sout 1 tl bakpoeier paar druppels olie paar druppels asyn *olie vir die bak . Klits die water, paar druppels olie en eiers tot skuimerig Sif die koekmeel, kakao , strooisuiker, bakpoeier en sout saam Voeg om die beurt by die eiermengsel terwyl jy aanhou met klits tot skuim bo op vorm Voeg asyn by en roer goed deur Plaas die mengsel vir 30 min in yskas Smeer en verhit pan met olie Gooi bietjie deeg in pan en tuimel die pan sodat die deeg die pan bodem mooi bedek Bak minuut of twee en draai die pannekoek om as daar lugborrels begin vorm Bak aan die anderkant tot goudbruin Herhaal die proses tot pannekoek deeg op is Sit voor met piesang en karamel, bedruip met sjokolade stroop of Styfgekopte room en aarbeie, sjokolade stroop of Roomys en Esdoornstroop / Heuning of Nutella smeer en sjokoladestroop en styfgekopte room of Piesang en Malvalekkers, gekapte neute en sjokolade stroop of Piesang en Kondensmelk Meng en pas aan na smaak Eindloos lekker !

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles