Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Van Kondensmelk tot Karamel

$
0
0

n Nostalgiese lekkerte ! Dis 'n lang proses, maar die wag die moeite werd, soveel lekkerder as die winkel karamel, hoe maak mens? Jy het nodig: 2 x  blikke (397g) kondensmelk - vir soveel moeite, maak dit die moeite werd met 2 blikkies Kookwater Sit blikkies kondensmelk in ’n groot diep kastrol en bedek dit met water.(Blikkies moet toe onder die water wees) Bring die water tot kookpunt, verlaag die hitte toto prut plaas 'n skuins deksel op en hou die kookproses aan die gang Dit is belangrik dat die blikkie tydens die hele kookproses met water bedek bly. Voeg gereeld kookwater by in die kastrol indien nodig Prut aanhoudend vir sowat 2 ure en laat goed afkoel voordat jy die blikkies oopmaak. Die karamel sal sowat 1 maand in die yskas gebêre kan word Heerlik vir terte, koek vulsels, kolwyntie versiersels, pannekoek en ag sommer om so n happie te steel vir die lekkerte daarvan

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles