Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Koffie & Cream Malvapoeding

$
0
0

Ou gunsteling 'n lekker twist ! 1 kop strooisuiker 2 x-tra groot eiers - kamertemperatuur 2 el appelkooskonfyt 2 kop koekmeel 1 tl koeksoda 1 knippie sout 3 el botter 1 el asyn 200 ml volroom melk gemeng met 1 tl vanielje geursel . Vir die sous: 250 ml vars room 4 el botter 1 kop suiker 1 el Whiskey 1 el sterk koffie - aangemaak met bietjie warm water . Voorverhit die oond tot 180 ° C. Klits die strooisuiker en eiers tot donsig en lig, voeg die konfyt tot en klits tot romerig. Sif die droë bestanddele in 'n aparte bak. Smelt die botter in 'n kastrol en voeg die asyn en melk. Voeg die droë bestanddele by die eiermengsel, afgewissel met die melkmengsel by en meng tot goed gemeng. Gooi in 'n oondbak en bak vir +- 40 min tot goudbruin en gaar Om die sous te maak: Voeg al die sous bestanddele saam in n diep kastrol Oor medium hitte bring tot amper by kookpunt, verwyder van plaat Roer aanhoudend tot suiker opgelos is, laat effe afkoel Giet sous baie stadig oor die warm poeding wanneer dit kom uit die oond Laat staan vir 30 min voor opdien Sit voor warm of koud met roomys of vla

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles