Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Snoek Koningskos oor die kole

$
0
0

Die beste manier om snoek gaar te maak is oopgevlek en oor warm kole - Chef Don Jy het nodig: 1 kg Braai Snoek - half ontdooi, moet nie die vel van die snoek verwyder nie 100 ml olyf olie Sous om te bedruip: 200 ml fyn appelkooskonfyt 150 ml  STEERS prego sous 5 el botter 1 el gekneusde knoffeltoontjies 30ml suurlemoensap vars gemaalde swartpeper na smaak Meng die bestanddele vir die bedruipsous in 'n kastrol, bring tot kookpunt oor medium hitte terwyl jy aanhou roer, laat prut 2 minute, verwyder van hitte en laat goed afkoel Verf ‘n toeklaprooster met olie, en plaas die snoek oop gevlek, velkant na onder , vou rooster toe. Braai eers die snoek 10 minute stadig oor matige tot warm kole, draai versigtig om braai 5 minute, draai weer terug velkant onder Begin nou en smeer nou aanhoudend met die bedruipsous met 'n kwas tot vis goudbruin en gaar is sodat die vis nie uitdroog nie Smaak met sout en peper Maak jou rooster oop, sit jou grootste houtbord oor die vis en keer die rooster om sodat die vis op die bord lê. Sit dadelik voor saam potbrood & konfyt of 'n lekker foelie patat

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles