Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’

$
0
0

Bielie van 'n 'Brekfis Bakkie'  - die naam sê als, Vir die stywepap: Jy benodig: 2 kop mieliemeel 3 kop water 1 tl sout Metode Gebruik 'n swaarboompot Voeg water in pot en bring tot kookpunt, voeg sot by Voeg die mieliemeel stadig by en roer heeltyd met 'n papvurk totdat die pap styf is. Sit deksel op, draai hitte op laagste stelling, laat dit vir 45 min stadig stoom Roer af en toe goed deur Vir die vulsel: 2 Blikkies Bull Brand Corned Meat (Bully Beef) 2 groot uie - opgekap 1 groot ryp tamatie - opgekap 1 tl kerriepoeier 80ml kookolie eiers - 1 per bakkie cheddar kaas - gerasper sout en peper na smaak botter So gemaak: Voorverhit oond 180 C Vulsel: Verhit olie en braai uie tot geurig, voeg kerriepoeier by en roer vinnig deur Sny "corned beef" in blokkies en voeg by gebraaide uie, roerbraai vinnig deur Voeg tamatie by en braai lekker saam, hou eenkant Berei jou oondvaste bakkies voor deur met bietjie bottter te smeer Skep so 2 el vol vleismengsel in elke bakkie Skep nou 3/4 vol met gaar stywepap, laat effe afkoel Skep vleismengsel bo op stywepap to amper vol Met 'n botter gesmeerde eetlepel maak 'n lekker diep holte in die middel van die pap Breek 'n eier in elke holte Sprinkel met kaas Bak in voorverhitte oond tot goudbruin en eier gestol Verwyder van oond, laat rus vir 10 min voor bedien ***Handige Wenke: Slappap - 1 koppie meel, 3 koppies water Stywe pap - 2 koppies meel, 3 koppies water Krummelpap - 3 koppies meel, 3 koppies water

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles