Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Hoender in sampioen-sjerrie-roomsous

$
0
0

1 heel hoender, in stukke gesny
3 knoffelhuisies, fyn gedruk
45 ml sjerrie
250 ml room
250 g sampioene
Sout en vars gemaalde swartpeper

Geur die hoenderstukke met sout en vars gemaalde swartpeper en rooster onder die roosterelement van jou oond tot bruin. Verhit die oond tot 180 °C. Plaas die hoenderstukke in 'n kasserolpot. Voeg die knoffel, sjerrie en room by. Maak toe met 'n deksel en bak vir 30 minute. Halveer of sny die sampioene in skywe. Voeg die sampioene ná 30 minute by, bedek en bak vir nog 40 minute. Proe die sous en, indien nodig, geur met nog sout en peper. Dien op. Genoeg vir vier.

*****JP


Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles