Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Bisschopswijn

$
0
0

Verdryf die winterkoue met Bisschopswijn


Bestandele:
1 bottel rooiwyn
1/2 koppie witsuiker
1 teelepel fyn kaneel
1 lemoen
8 heel naeltjies

Meng die rooiwyn, suiker en kaneel in 'n groot pan oor medium hitte.
Sny die lemoen in die helfte, druk die naeltjies in die buitenste gedeelte van die halwe lemoene en plaas in die wyn.
Verhit stadig oor lae hitte vir ongeveer 30 minute of totdat dit stoom. Moenie dit laat kook nie.
Verwarm die glase in warm water voordat dit bedien word.
Genoeg vir ongeveer 8 bedienings.
Dit is nie raadsaam om Bisschopswijn te drink in die oggend voor jy gaan werk, of as jy dalk moet bestuur nie. Waarskuwing!!!!! Jy kan nogal blink gedrink raak na 'n paar glase van hierdie brousel.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles