![miloroomys]()
Net 4 bestanddele
Ryk en romerig ~ tuisgemaak, die beste !! sonder roomys masjien.
1 lt vars room (yskoud verkieslik oornag in yskas)
1 blik volroom kondensmelk
1 el vanilla essence
1½ kop milo poeier
In lekker groot mengbak giet jou room in en voeg vanilla by
Op jou elektriese klitser se hoogste spoed; klop tot styf en dubbel die volume, moet lekker fluffy wees
Vou die kondensmelk en milo in, meng mooi deur, maar nie te veel karring nie
Skep in 2 lt houer, seel goed.
Vries 6 - 8 ure, laat staan buite vrieskas vir 10 minute voor opdien
opsioneel:
vou in saam kondensmelk: opgekapte rolo's, stukkies bar one, gerasperde peppermint crisp, opgebreekte oreo koekies, self romany creams koekies .... eindloos lekker !!