Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Frikkadel met ‘n “nice surprise”

$
0
0

muffinmaalvleiskaas

So ietsie anders en smaaklik as die doodgewone frikkadelle, met 'n lekker twist ! bestanddele: 1 kg topside maalvleis 4 varkworsies, ontdooi en uitgedruk 1 kop broodkrummels 1 kop gekerfde wortels 3 el tamatiepasta halwe kop yswater 2 eiers, liggies geklits 1 fyngekapte ui 3 fyngekapte vars knoffeltoontjies 1 tl gedroogde kruie sout na smaak peper na smaak *cheddarkaas - 12 x  blokkies gesny Aartappel Bolaag So 4 groot aartappels sag gekook en fyngedruk met botter , melk, sout en peper na smaak., dit moet lekker stywe beslag wees. *paprika Verhit die oond tot 180 C. Sprei 12 muffinpanetjies met "non stick" Meng al die bestanddele vir frikkadelle , behalwe kaasblokkies in groot bak, meng goed. Vorm 'n bol soos frikkadel in jou hand, en druk liggies vas in muffinpan, ongeveer 1/3 vol. Herhaal tot al 12 muffin holtes gevul is Druk 1 blokkie kaas in middel van elke bal, wat dan eweredig weer vleismengsel balletjie weer bo oor, sodat kaas mooi toegedruk is in die middel. Bak 25 min. Verwyder van die oond en rond af met kapokaartappels soos volg: As jy spuittuit het vir kapokaartappels, bo elke kolwyntjie spuit jou kapokaartappels soos jy 'n kolynntjie sou versier. Andersins skep mooi hopie kapokaartappels bo op, strooi **paprika, as jy wil en bak tot goudbruin punte vorm, laat afkoel 10 minute in pan voor jy vleis muffin uitlig Sit voor met lekker groen slaai

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286