Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Stadig Geroosterde Varkpens met Perskes

$
0
0

'n Eenvoudige, lui maar uithaler resep, vinger aflek lekkerte !

Jy het nodig
+- 1½ kg Varkpens (pork belly) – spek se bolaag in repies gesny, tot teenaan die vleis
410g blik KOO perskeskywe in stroop
Growwesout en Peper na smaak
Botter

*swaargewig foelie

So gemaak:- Voorverhit oond 180C


Spoel die varkpens deeglik af onder lopende koue water, druk droog met skoon doek
Plaas in oondpan, bedruip met Botter, geur met sout en peper
Dreineer perske skywe, hou stroop eenkant
Plaas die perske skywe tussen die gesnyde repies van die spek bolaag
Seel oondpan mooi met foelie
Bak in voorverhitte oond vir 1 uur
Verwyder foelie. en bak stadig verder by 160C vir 1 uur, bedruip gereeld tussendeur met perske stroop
Bak tot goudbruin, laat rus vir 15 min in oondpan, voor jy opsny en bedien


Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images