Grootmaak Koekblik bederfies
Jy het nodig:
3. kop witsuiker
. 3 kop bruinsuiker
. 6 eiers
. 750g botter by kamertemperatuur
. 7 kop bruismeel
. 3 kop Milo
. 3 kop sjokolade splinters
. 2 tl vanielje geursel
Só maak mens:
1. Verhit die oond tot 180°C en voer twee bakplate met kleefwerende bakpapier uit.
2. Klits die wit- en bruinsuiker saam met die eiers met ’n elektriese handmenger in ’n groot mengbak tot lig.
3. Voeg die sagte botter by en klits goed tot deeglik gemeng.
4. Voeg die bruismeel, Milo, sjokoladesplinters en vanieljegeursel by en meng goed tot ’n sagte deeg. Bedek die mengbak en laat die deeg ten minste 10 minute staan.
5. Skep teelepels vol van die deeg en pak dit op die bakplate (of maak twee monster-koekies per bakplaat) en bak sowat 15 minute.
Die groter koekies sal sowat 25 min. neem. Jy weet dis reg wanneer die koekies plat, krakerig en bruin is, nie meer opgepof nie.
Maak sowat .150 koekies, afhangende hoe groot hulle is.