↧
Krummelpap met Geurige Maalvleis en baie Kaas
↧
Peper Biefstuk Pastei
↧
↧
Vet Lamsrib Kerrie
↧
Beesvleis Kerrie met Kluitjies
↧
Bullybeef Chakalaka
↧
↧
Klewerige beesvleis roerbraai met vetkoek
↧
Elaine se Heerlike ongebakte kaaskoek
Ek het die resep saamgestel uit 'n paar ander resepte en ek moet se dit is presies waarna ek opsoek was!
Suurlemoen Kaaskoek
2 x 250g Volroom Maaskaas
500ml Room
1 Blikkie Volroom Kondensmelk
125ml Suurlemoensap
15ml Gelatien
2 Pakkies Marie Biskuitjies, fyngemaak
150g Margarien Gesmelt
Meng beskuitjies met margarien en druk in gesmeerde bak vas. Sit in yskas.
Meng suurlemoensap en kondensmelk goed saam. Roer maaskaas tot sag en meng met kondensmelk mengsel. Los gelatien op in bietjie koue water en laat staan tot spons. Los op oor kookwater en meng goed met kondensmelk en maaskaas mengsel. Klits room tot styf en vou in.
Gooi oor kors en maak gelyk. Verkoel oornag of tot heeltemal styf.
Geniet.
Elaine Steyn via Facebook Boerekos Kookengeniet
↧
Adri se Yskastert
1 blik ingedampte melk (sit in vrieskas vir ongeveer 2 tot 4ure). Hoe kouer hoe beter. 1 pakkie suurlemoen jellie.
1k kookwater.
1 blik "crushed" pynappel. 1/2k strooisuiker. Metode: Los die jellie op in kookwater, sit in yskas tot dit net begin stol. Klits ingedampte melk tot styf, terwyl strooisuiker bietjie vir bietjie bygevoeg word.
Dreineer die sap van die pynappel, en voeg by ingedampte melk.
Voeg die jellie by en klits tot die mengsel punte vorm.
Pak 'n laag beskuitjies in 'n tertbak, en gooi die helfte van die vulsel oor. Pak nog 'n laag beskuitjies en gooi die res van die vulsel bo-oor. Strooi beskuitjiekrummels bo-oor en sit in die yskas, verkieslik tot die volgende dag.
Ek vervang die pynappel met ingelegde aarbeie en aarbei jellie, of perske skywe wat ek kleiner sny en perske jellie, dis die heerlikste mousse poeding!
Geniet hoor!!! Adri Erasmus via Boerekos Kookengeniet
↧
Kaas en Marmite Wielletjies
↧
↧
Volroom Vanilla Roomys
↧
Ouma se Boerewors bredie met mieliepap
↧
Hong Kong Hoenderkebabs
↧
Kerrie Hoender-Sosaties
1,5 kg hoenderborsies – met velletjie – in blokkies gesny (so 3 by 3 cm groot)
varkspek – dun skyfies in dieselfde grootte blokkies gesny
** groen soetrisse opgekap in stukke , opsioneel
** uie in stukke opgekap, opsioneel
Meng bogenoemde vleis en spek met die volgende:
5 ml roosmaryn, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekerf
4 gekneusde suurlemoenblare
10 ml sout
2,5 ml fyn gemmer
5 ml grofgemaalde swartpeper
10 ml heel koljander, fyngemaal
gerasperde skil van 1 suurlemoen
125 ml melk
Sit vleismengsel in ‘n bak of skottel en laat staan minstens 5 ure of oornag.
Marinade
3 uie, in skywe gesny
125 ml bruin asyn
125 ml water
100 ml suiker
5 ml sout
45 ml appelkooskonfyt
45 ml blatjang van jou keuse
15 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
Meng bestanddele en kook vir 5 minute
Laat afkoel en gooi sous oor vleismengsel.
Marineer vir minstens 8 ure. Roer af en toe.
Laat lê sosatiestokkies in water.
Ryg nou stukkies vleis, spek en rou ui om die beurt op die stokkie saam uie en soetrissie
Nou is dit gereed vir braai. Drup van die marinade oor terwyl jy braai
**** in die oond ~ Bak in voorverhitte oond by 180 C in die sous tot glansend bruin,
↧
↧
Jantjies (corn dogs)
↧
Cola Hoenderrepies op rolletjies
↧
Malvalekker Yskastert
↧
Eruka se smul Hoenderpastei
1 Gebraaide ui
+ - 5 Gebraaide Hoender fillets, fyngemaak
1 Gaar aartappel in blokkies gesny
1 Pakkie gevriesde gemengde groente
1 koppie room
1 koppie melk
1 pakkie hoender soppoeier
1 pakkie sampioensoppoeier
Sout en peper na smaak
1 pak blaardeeg ~ ontdooi
vir smeer van pasteideeg:
1 eier met bietjie melk geklits
Voorverit oond op 180 C
Gooi als bymekaar in mengbak, meng goed deur
Giet in oondvaste oondskottel, sprei eweredig
Rol oop die pasteideeg, dek vleismengsel, smeer met melk en eier
Bak in voorverhitte oond tot mooi goudbruin ( so 20 min)
↧
↧
Milo Roomys ~ Tuisgemaak
↧
Kaaswors
↧
Frikkadel met ‘n “nice surprise”
↧