Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all 286 articles
Browse latest View live

Sjokolade Mayonnaise koek

$
0
0

sjokolade-mayonnaise-koek

  Die Mayonnaise maak die koek lekker klam. Die koek bly vir dae lank klam . Beste koek ooit! . (Maak 1 groot koek) 500 ml koekmeelblom 150 ml kakaopoeier 15 ml bakpoeier 5 ml koeksoda 3 jumbo eiers - kamertemperatuur 375 ml suiker 5 ml vanieljegeursel 250 ml mayonnaise - kamertemperatuur 250 ml water . Vir die versiersel: 150 g ordentlike botter 200 ml kakaopoeier 400 ml versiersuiker 5 ml vanieljegeursel 15 ml melk 1 flake sjokolade . Smeer 2 x 20 cm koekpanne met botter Voorverhitte oond 180 C Sif die droë bestanddele saam in groot mengbak en hou eenkant Klits eiers, suiker en vanieljegeurse saam tot lig en romerig. Voeg mayonnaise en water geleidelik by suikermengsel, en vou om die beurt in by droë gesifte bestanddele Meng goed en skep in twee gesmeerde koekpanne. Bak in 'n voorverhitte oond teen 180 C vir plus minus 35 minute. Laat afkoel in panne en keer uit op koel rakke. . Versiersel: Room die botter. Sif kakao en versiersuiker en vou by botter en klop goed. Voeg vanieljegeursel en melk by en meng goed tot romerig Smeer goeie laag versiersel op eenkant van koek, plak bo opmekaar en versier bo en kante afgekoelde koek na wense Krummel flake sjokolade bo oor

Rolkoek –“swiss roll”

$
0
0

rolkoek

Die geheim van rolkoek is om baie vinnig daarmee te werk te gaan sodra dit uit die oond kom, moenie langer as 10 minute bak nie, maak seker jou oond is vooraf die verlangde hitte voor jy begin om die beslag aanmekaar te sit ; geniet ! Jy het nodig 4 groot eiers , kamertemperatuur - wit en gele geskei 250 ml strooisuiker 50 ml yskoue water 250 ml koekmeel 1 hoog tl bakpoeier mespunt sout 5 ml vanielje geursel aarbei of perske of enige konfyt na smaak - kamertemperatuur waspapier maizena vir sprinkel ekstra versiersuiker vir sprinkel voor opdien .*klam vadoek (liggies met water gesprinkel; nie nat nie !) skoon vadoek wat met strooisuiker gesprinkel is So gemaak: Voorverhit oond 200 C , oondrak in middel van oond geplaas . Smeer n bakplaat met botter, voer uit met waspapier en smeer weer met botter Sprinkel met n bietjie maizena en skud oortollige meizena van papier af Klits eiergele , water en strooisuiker baie goed saam tot lig en donserig Sif koekmeel en bakpoeier saam en vou dit om die beurt by gewys by eier mengsel in Klits eierwitte, vanielje geursel en sout saam net tot punte vorm Vou by die beslag liggies in met 'n "8" patroon met jou hand, tot mooi gemeng, moenie te veel karring nie Skep deeg in pan; maak eweredig gelyk Bak by voorverhiite oond vir 10 minute Keer uit op n doek wat met strooisuiker bestrooi is Trek waspapier versigtig af en sny kante 1cm reg rondom af met n skerp mes. Smeer laag konfyt oor koek Rol koek versigtig met behulp van vadoek . . Laat so afkoel in vadoek tot koud op n draadrak in yskas Rol oop, sprinkel met versiersuiker net voor opsny en bedien

Oudtydse Vla Koekies

$
0
0

vlakoekies

Ek deel graag vandag die klein staatmaker koekies ~ "Oudtydse Vla Koekies " ~ uit skoonma se boekie, die is 'n wenner, en jou koekieblikke kan jy gereeld volmaak met die vinnige staatmaker ... 250 g botter 250 g suiker 2 eiers 1 tl vanielje geursel 3 el vlapoeier 4 tl bakpoeier 3 k koekmeel   Voorverhit die oond tot 200 °C Smeer bakplaat liggies met botter Room die botter en suiker saam tot liggeel en donserig. Voeg die eiers en vanieljegeursel by en meng goed. Sif die vlapoeier, bakpoeier en meel saam en voeg by die bottermengsel. Meng goed tot 'n lekker stywerige bol Draai die deeg in kleefplastiek toe en sit vir 20 min. in die ys-kas. Rol die deeg in balletjies en pak op die bakplaat, druk effe plat met vurk en bak vir 10-15 min. tot ligbruin. Laat op afkoelrak afkoel, voor die koekies in lugdigte houers pak

“Kafee op die hoek ” Vis

$
0
0

visdeeg

Lekker bros gebakte vis is in 'n degie 4 tot 6  hake fillets - gevries 2 kop koekmeel 1/2 tl sout 1/2 tl rooipeper "cayenne pepper" 8 druppels "egg yellow" kos kleursel kouewater (so 2 koppie) 1 lt kooklie In lekker groot plat mengbak, sif koekmeel, sout en cayenne pepper. Voeg "egg yellow" kleursel by, dan koue water by tot deeg lekker dik pasta vorm Plaas gevriesde vis in die deeg, bedek mooi oral om Laat staan vir 20 minute Verhit olie in diep pot tot lekker warm Vat aan stert se kant en laat sak egalig in die warm olie Braai tot goudbruin en bros aan albei kante Sit op kombuispapier laat olie afdrip Sprinkel met sout Bedien dadelik met chips, uieringe, groenslaaitjie,suurlemoen skyfies  en lekker dik snye brood **Gebruik sommer oorsiiet degie om uieringe in te doop en te diepbraai

Sherrie Lamskenkels

$
0
0

lamskenkels

Smul lekker Lamskenkels oppi stoof , ook heerlik resep vir potjie op die vuur( gebruik swart plaboom pot as jy een byderhand het) 1 heel lamskenkel per persoon 1 kop koekmeel 4 el botter 1 el olie 1 groot ui opgekap 4 knoffeltoontjies - gekneus en opgekap 250 ml OBS (old brown sherry) 1 x 400g blik heel tamaties 500 ml aftreksel 1 el bruinasyn ekstra kookwater 2 tl bruinsuiker 1 tl droë tiemie kruie swartpeper na smaak sout na smaak Verhit die botter tot hoë hitte in ’n groot swaarbodem kastrol Rol die lamskenkels in koekmeel Braai die lamskenkels tot mooi bruin albei kante - haal uit en hou eenkant In dieselfe kastrol voeg olie by en braai die uie, knoffel en tiemie tot sag en geurig Voeg nou die sherry geleidelik by tot als kookpunt bereik, prut vir 5 minute Voeg nou jou blikke tamaties, asyn, aftreksel en bruinsuiker by Voeg nou die lamskenkels terug in pot, sout en peper na smaak, sit deksel op bring tot kookpunt Verlaag tot medium hitte en laat vir so twee ure stadig kook tot die skenkels murgsag en sous verdik het *(kookwater kan deur die proses bygevoeg word inien nodig)  

Steak en Sampioen pastei

$
0
0

steakpastei

  Smul lekker vullende bodemlose pastei, tuisgebak ; die beste !! bestanddele 600 g matured rump steak in klein blokkies gesny 1 pakkie sampioene - gewas en opgekerf 30 ml Olie 30 ml botter 1 pakkie KNORR Black Pepper sous 1 pakkie KNORR Sampioen sous 500 ml kookwater afronding: 1 rolle blaardeeg, ontdooi 1 eier, liggies geklits 2 diep oondvaste bakkies + - 15 cm in deursnee (4 klein bakkies of een groot 25 cm oondbak) METODE In 'n diep pot verhit die olie en braai die vleisblokkies oor matige hitte tot geurig, voeg sampioene en botter by, braai als lekker saam tot geurig Voeg 500 ml kookwater by, sit deksel op en laat kook tot vloeistof verdamp en vleis weer begin braai in pot. Maak die 2 pakkies KNORR sous apart aan soos op pakkies aangedui en giet dan oor vleisblokkies Prut vir 10 minute tot sous dik is, laat die vleismengsel afkoel Voorverhit oond 200 C Rol blaardeeg oop, sprinkel met koekmeel en rol effe platter. Druk nou jou bakkies wat jy gaan gebruik, onderstebo (die bakkie se grootte) 'n patroon op deeg uit en sny oortollige deeg af. (jy kan die gebruik om pastei mee te versier, blaartjie of kringetjies gesny) Skep afgekoelde vleismengsel in bakkies tot amper vol, met genoeg sous by. Plaas nou jou uitgesnyde vorm bo oor, druk liggies vas met vurk aan die kante Smeer met geklitse eier, bak vir 20 min tot goudbruin by voorverhitte oond Laat 10 minute staan voor bedien (die vulsel is baie warm !!)

Stampmielies en Potbraai

$
0
0

stampmielies

Kook met nostalgie . Vir die stampmielies: 4 koppies stampmielies ( genoeg vir 4 - 6 mense) 1 tl sout 2 el botter genoeg kookwater Gooi stampmielies in kastrol, soel deeglik af met kouewater Bedek met 1 tl kookwater, bring tot kookpunt en kook vir 30 minute sonder deksel Spoel weer deeglik af met koewater, dreineer, gooi 1 lt kookwater oor Voeg sout en botter by, sit deksel op laat stadig kook vir 1½ uur, hou dop dat dit nie droog kook nie, roer nou en dan. Voeg nog kookwater by indien nodig, kook tot lekker sag en droog gekook . Vir die potbraai 1½ kg beeskook van jou keuse (dikrib, brisket, braising steak ens.) 2 groot uie, opgekap 4 knoffeltoontjies, gekneus 3 groot aartappels - geskil en halveer 2 el botter swartpeper na smaak sout na smaak 1 el bruinasyn 3 tl bisto poeier aangemaak met bietjie koue water kookwater Sit jou vleis in 'n medium kastrol, gooi net genoeg koue water oor om vleis mooi te bedek Voeg eetlepel asyn by en bring tot kookpunt, kook stadig tot al die water verdamp het en vleis begin potbraai, braai dan albei kante lekker bruin Plaas uie en knoffel bo op , gooi klein bietjie water bo oor , plaas deksel op en laat weer afkook tot begin potbraai, voeg botter by en braai alles lekker saam tot bruin en geurig Gooi genoeg kookwater op om alles weer te bedek, prut stadig vir halfuur, plaas aartappels bo op en gooi net genoeg kookwater op om als te bedek, geur met sout en peper na smaak Wanneer aartappels sag is, voeg aangemaakte bisto by, roer liggies deur, prut vir 5 minute Bedien met stampmielies en lekker soet pampoen

Heel Hoender “flattie” oor die kole

$
0
0

braaihoender

1 lekker groot plaashoender sowat 1 liter marinade van jou keuse, met paar druppels kookolie by gemeng sout en peper na smaak . Was daai hoender nou deeglik onder lopende koue water, kyk vir los veertjie;  veral om die vlerkies, en verwyder dit. Plaas die hoender met rugkant na onder op ’n houtbord. Gebruik ’n skerp mes en maak diep sny van die borsbeen tot deur die maagvel. Sny dit versigtig los. Draai die hoender om met borskant na onder en druk dit heeltemal plat. Spoel weer goed af Plaas in lekker diep bak en giet marinade oor, bedek mooi oral oor Marineer vir minstens 8 ure in yskas, draai nou en dan om . Wanneer jy jou vuurtjie begin bou (maak seker jy het genoeg kole) en wag vir kole om warm te word, haal hoender uit yskas en laat die hoender kamertemperatuur kan word. Nou moet jy baie geduld he, as jy haastig is gaan jou hoender swart brand, maak solank jou glasie vol en kry vir jou 'n sitplekkie. Die vuur se kole moet nou medium-warm wees. Smeer jou warm rooster met kookolie Lig hoender uit marinade en laat meeste sous afdrip. en plaas hoender op rooster en stadig braai jy nou die hoender so 20 minute met borskant/velkant  na bo. Draai om en braai verder 20 minute aan 'n kant tot goudbruin , draai gereeld om, bly warm kole onder inkrap, en bedruip hoender elke keer met marinade sodra jy dit omdraai, braai stadig tot goudbruin en gaar. Toets die hoender deur ’n skerp mes in die dikste deel van die vleis te steek, as die sap wat uitloop deurskynend en nie bloederig is nie, is die hoender gaar. Sout en peper na smaak, net sodra jy dink jou hoender is nou gaar. Sowat 2 ure

“Flamed grill” Heel Biefstuk oor die kole

$
0
0

flamedgrillbiefstuk

Hoe ook al, ‘n heel Biefstuk braai is fantasties op die kole . 1 tot 2 kg Silveside of Sirloin Biefstuk; vroeg uit die yskas , uit sy verpakking verwyder en bring na kamertemperatuur Olyfolie 125ml Suurlemoensap 3 el Botter Swart peper en sout na smaak ***Goeie hardekool hout . Hout, is die belangrikste bestandeel van 'n braaivleis, en as mens nou gelukkig genoeg was om hardekool te kon kry soos ons vandag, dan kan die vlammetjies heerlik om die biefstuk dans, want daar is net een manier wat werklik sappig, en smaakvol maak, en dit is flamegrill. Die biefstuk word eers geskroei en geseel oor flamme en dan stadig tot perfeksie gebraai So maak ’n mens: Smelt saam botter en suurlemoensap - hou eenkant Bou nou vir jou 'n stewige vuur. As jy nou jou vuur goed aan die brand het, en onderste helfte hout al lekker kole maak, maar nog lekker vlamme het , jou rooster skoongebrand en reg vir braai is, dan doen mens die vlamme ding. Smeer jou biefstuk met bietjie gesmelte botter en suurlemoensap. Gryp daai Biefstuk nou stewig vas met 'n lekker lang stewige braaitang. Nou moet jy vinnig speel. oor daai vlamme, vinnig begin seel die Biefstuk, aan alle kante en punte; sye, oral oor vinnig met die vlamme, letterlik paar sekondes op n kant, laat daai vlamme daai rBiefstuk mooi kielie. Die geheim is om net genoeg oop vlamme te gee aan alle kante, om daai sappige geite binne in te verseel. Siedaar, die heerlike geur van die hout maak dit meer smaakvol, sit nou Biefstuk plat op rooster, en braai dan rustig oor medium kole tot perfeksie, bedruip gereeld met nog gesmelte botter en suurlemoensap, draai gereeld om. Net voor die Biestuk reg na jou smaak is, gooi SLEGS sout en peper en NIKS anders nie. "smeltindiemond watertand lekker" !! Onthou: ‘n groot snit Beesvleis soos hierdie het tyd nodig om te rus nadat dit gebraai is. Laat rus die Biefstuk vir so 10 minute nadat dit van die kole gehaal is en voor dit opgesny en bedien word. Dit gee die vloeistof binne-in die weefsel en die lopende vette kans om met mekaar te trou ‘n huwelik wat ‘n verstommende kind genaamd ‘geur’ baar.

Sout en Peper Spinasie

$
0
0

spinasie

Kook met nostalgie - Spinasie soos ouma gemaak het .. 2 groot bossies vars Spinasie 1 groot ui - opgekap 1 groot aatappel in blokkies gesny 1 groot ryp tamatie - opgekap 2 el botter sout en peper na smaak Spoel die spinasie goed af onder lopende water Sny die middelaar uit met 'n skerp mes en kap spinasie grof op Plaas spinasie in 'n kastrol, dek met water Sit aartappels en uie en tamatie bo op, plaas deksel op en kook tot aartappels sag gekook is Dreineer oortollige water indien nog oor is Voeg botter, sout en peper na smaak by, oor hoe hitte roer braai tot lekker droog gekook. Druk fyn en bedien dadelik Sit voor met mieliepap, of as enige groente bygereg

Wortelslaai

$
0
0

wortelslaai

Moenie die slaai te lank voor die tyd maak nie, die gerasperde wortel moet nog lekker krakerig wees as jy die slaai voorsit .5 groot vars Wortels 1 groot ryp Pynappel geskil, kern uitgeaal en in happie grootte blokkies opgesny Lemoensap (vars uitgedruk of gekoop) 1 tl suiker . Metode Skrap wortels skoon en spoel goed af Rasper wortels met growwe kant van rasper Gooi in slaaibak met pynappelstukke, bietjie suiker maak effens nat met lemoensap Meng goed deur, bedien dadelik

Smullekker Kerriemaalvleis Pastei

$
0
0

maalvleispastei

Tuisgebak.. eindloos heerlik! - (genoeg vir so 4 mense) Vir die Maalvleis: 1kg bees maalvleis 1 groot ui, opgekap 3 knoffeltoontjies - gekneus 1 el asyn ½ kop appelkoos konfyt 3 el goeie kerriepoeier ½ kop kookolie 1 klein blikkie tamatiepaste 1 groot tamatie- opgekap 1 groot aartappel - in stukke gesny 3 geelwortels - geskil en opgekerf knippie sout ½ tl borrie . Afronding: 2 rolle blaardeeg, ontdooi 2 eiers, liggies geklits met bietjie water 4 diep oondvaste bakkies + - 15 cm in deursnee (4 klein bakkies of een groot 25 cm oondbak) . Vir die maalvleis: Maak olie warm, braai uie en knoffel saam tot lekker geurig Gooi nou kerriepoeier by en braai vinnig deur, gooi asyn by, haal van die plaat af vir 1 min, plaas terug oppi plaat en sodra uiemengsel begin braai Voeg maalvleis by, roerbraai en prut alles lekker saam vir so 10 min. Gooi aartappelstukke en wortels by, gooi net genoeg warm water by, om die aartappels toe te maak, kook tot aartappel sag gekook, maar nie te droog nie, daar moet nog souserigheid onderaan die kastrol wees Voeg borrie, opgekapte tamatie, appelkoos konfyt en tamatiepaste by, sout na smaak roer goed deur, laat baie stadig prut vir 5 min tot lekker sappig. Laat goed afkoel. . Voorverhit oond 200 C Rol blaardeeg oop, sprinkel met koekmeel en rol effe platter. Druk nou jou bakkies wat jy gaan gebruik, onderstebo (die bakkie se grootte) 'n patroon op deeg uit en sny oortollige deeg af. (jy kan die gebruik om pastei mee te versier, blaartjie of kringetjies gesny) Skep afgekoelde vleismengsel in bakkies tot amper vol, met genoeg sous by. Plaas nou jou uitgesnyde vorm bo oor, druk liggies vas met vurk aan die kante Smeer met geklitse eier, bak vir 20 min tot goudbruin by voorverhitte oond Laat 10 minute staan voor bedien (die vulsel is baie warm !!)

Eenpot Lekkerte, Macaroni en Mins

$
0
0

macaronimins

Lekker ou staatmaker keer op keer, Macaroni en Maalvleis. Met die Bolognaise (cook in sauce) het jy geen ander speserye en fitterjasies nodig nie, dis baie geurig en smaaklik ! Die is 'n lekker rand rekker! (genoeg vir 4-6 mense) 100 ml kookolie 2 groot uie, gekap 3 knoffeltoontjies; gekneus en gekap 700 g beesmaalvleis 1 pakkie Knorr Bolognaise sous (cook in sauce) 1 kop water 4 kop rou Macaroni 1 el botter lekker handvol gerasperde cheddar kaas . Terwyl jy maalvleis voorberei, in ander kastrol kook macaroni soos op pakkie aangedui, dreineer en roer botter deur Verhit die kookolie in ’n kastrol en roerbraai die opgekapte ui en knoffel tot deurskynend en geurig Voeg maalvleis by, braai tot lekker geurig en bruin Voeg nou gekookte Macaroni, Knorr Bolognaise souspoeier by met koppie water, roer deur en prut stadig vir 10 minute Bedien dadelik rond af met lekker dik laag gerasperde kaas Sit voor met groenslaai en vars broodrolletjies

Heel Sout Skaapribbetjie oor die Kole

$
0
0

lamsrib

Lek jou lippe af. Stadig. Stadig. Stadig. --- Vat jou tyd. Of jy nou drink of nie. Langs die vuur vir 2 ure of so werk goed, laat daai vetjies lekker uitbraai. Hy braai en skroei 'n biejtie. . Jy benodig: 1 heel lams/skaapribbetjie vroeg uit die yskas gehaal en by kamertemperatuur sout gemaalde swart peper hardekool hout So maak ’n mens: Die heerlike geur van die hout maak dit meer smaakvol Bou nou vir jou 'n stewige vuur met hout. As jy nou jou vuur goed aan die brand het, en onderste helfte hout al lekker kole maak, maar nog lekker vlamme het , jou rooster skoongebrand en reg vir braai is, dan doen jy die vlamme ding. Gryp daai rib nou stewig vas met 'n braaitang. Skroei die ribbetjie eers in 'n regop posisie. Seel oor die vlamme aan alle sykante en beenkant, oral oor met die vlamme, letterlik paar sekondes op n kant Sit nou lamsrib plat op rooster, benekant na onder en braai dan rustig oor medium kole tot perfeksie, draai maar gereeld om tot vetjies lekker uitgebraai is. Net voor rib reg na jou smaak is, gooi SLEGS sout en gemaalde swart peper oor en NIKS anders nie. "smeltindiemond watertand lekker"

Korslose Pampoentert

$
0
0

korslosepampoentert

Ooskiet pampoen? Hier is 'n plan ! 2 kop gaar pampoen, fyn gedruk (droog gekook dit moenie waterig wees nie) halwe kop koekmeel 1 x 410g-blik kondensmelk 4 groot eiers, geskei 5 ml gemmer 2.5 ml neutmeskaat fyn pypkaneel Voorverhit oond 180C In 'n mengbak sif koekmeel , gemmer en neutmeskaat saam Voeg koue pampoen , eiergele en kondensmelk by Meng goed deur tot glad en egalig Klits eierwitte styf, vou in by pampoenmensel Gooi in gesmeerde oondvaste in tertpan Bak vir 30 min Sprinkel met fyn pypkaneel oor sodra tert uit die oond kom Bedien louwarm saam roomys

Hoender Herderspastei

$
0
0

hoenderherderspastei

'n Gereg  uit eie bodem, smul lekker randrekker ! 6 hoenderborsies in blokkies gesny 1 groot ui - fyn opgekap 1 pakkie sampioene, gewas en grof opgekap 30 ml olie 1 groot ui - fyn opgekap 1 pakkie sampioene, gewas en opgekerf 6 hoenderborsies in blokkies gesny 2 blokkies hoenderaftreksel, opgelos in 250 ml kookwater 100 ml soet wit wyn 1 tl gemengde kruie 2 el tamatiepuree 1 kop bevrore ertjies (ontdooi) 3 tl mielieblom Bolaag 1kg aartappels 125 ml room 3 el botter sout en peper na smaak Voorverhit oond 200 C Maak olie warm, braai uie in tot geurig. Voeg hoender blokkies , opgekapte sampioene en kruie by, braai tot hoender mooi goudbruin kleur is Voeg nou hoenderaftreksel, wyn en tamatiepuree by, roer deur, sit deksel op en prut stadig tot hoender lekker sag gekook is , voeg ertjies by en roer deur Meng mielieblom met halwe koppie kouwater, roer dit by hoender in en laat prut tot sous dik word Skep in oondvaste skottel Bolaag Kook aartappels lekker sag, dreineer water, voeg room, botter, sout en peper na smaak en druk fyn Versprei eweredig bo-oor die hoendermengsel en bak tot bolaag goudbruin is Laat 15 min afkoel voor opdien. Sit voor met groenslaai, beet en vars broodrolletjies  

Krummel Lamstjoppies

$
0
0

krummellamstjops

'n heerlike alternatief vir daai ou allerdaagse lamstjoppies! 8 tot 10 loin lamstjops 2 pakkies royco uiesoppoeier 400 ml vars broodkrummels 10 ml roosmaryn 3 eiers - geklits 100 ml kookolie om te braai suurlemoen wiggies om voor te sit Voorverhit oond 180 C Gooi soppoeier in 'n diep mengbak, rol die tjops een vir een in soppoeier bedek oral om. Doop dan in die geklitse eier, dan in broodkrummels, maak seker dis mooi bedek, druk krmmels met palm van jou hand effe vas Plaas tjops langs mekaar op skinkbord, plaas in die yskas vir 'n 45 min In 'n lekker groot pan, warm die kookolie, braai die tjops paar minute aan albei kante tot ligbruin, plaas oor na oondpan , sprinkel met roosmaryn, bak in voorverhitte oond vir 30 minute tot goudbruin Sit voor met suurlemoen wiggies

Varkworsie frikkadelle met Spaghetti

$
0
0

paghettifrikkadelle

Heerlike pasta gereg, een -  twee - drie, lekker smul randrekker 6 Eskort Gold Medal Pork Sausage - ontdooi koppie koekmeel 2 knoffeltoontjies- gekneus 1 groot ui, gekap 1 tl tiemie sout en varsgemaalde swartpeper na smaak kookolie 4 el botter 1 blik gekapte tamaties 30 ml Worcestershiresous 2 el tamatie puree 1 tl suiker paar druppels asyn parmesaan kaas, fyn gerasper 500 g Spaghetti So gemaak: Druk die worsies uit die omhulsel en rol in klein balletjies, rol dan  in koekmeel Verhit botter in 'n diep pan en braai die frikkadelle tot gaar en goudbruin, verwyder uit pan, hou eenkant. Maak nou die sous terwyl die spaghetti kook soos op pakkie aagewys . Tamatiesous: Verhit ‘n bietjie olie in diesefde pan wat jy bolletjies gebraai het, braai die uie n knoffel tot deurskynend en geurig Voeg die tiemie, blik tamaties, worcestershiresous, tamatie puree, suiker, sout en peper by. Prut alles stadig saam vir 5 min en voeg dan ‘n spatsel asyn by, verhoog hitte en kook vir ‘n verdere minuut. Plaas frikadelle by en kook alles saam vir 5 minute, roer kort kort Bedien warm bo op spaghetti, sprinkel met parmesaan kaas

Diepgebraai Pampoenpoffertjies

$
0
0

pampoenpoffertjies

Oorskiet pampoen? Hier is 'n heerlik verslawende plan ! Jy benodig: 1 kop pampoen, droog gekook en fyn gedruk (moenie waterig wees nie) 1 kop koekmeel 2 tl bakpoeier mespunt gemmer poeier mespunt sout 2 eetl strooisuiker 2 eiers 75 ml volroommelk 750 ml kookolie, vir diepbraai *kaneelsuiker So gemaak: Sif al die droë bestanddele saam Klits eiers en melk saam, voeg by droë bestanddele en meng tot 'n gladde beslag Verhit die olie in 'n medium kastrol en skep eetlepels vol van die beslag in warm olie, braai tot goudbruin Verwyder van die olie en dreineer op kombuispapier Rol in kaneelsuiker Bedien warm, sit voor met Maple/Goue stroop

Frikkadel – Skorsies

$
0
0

pampoen

2 gunstelinge in 1, kyk nou net so frikkadel ! (genoeg vir 6 porsies) 3 lekker groot skorsies, gehalveer en ontpit. Maak 'n mooi diep holte met eetlepel in elke skorsie Frikkadelle: 500 g maalvleis 1 ui, fyn opgekap 2 knoffeltoontjies, gekneus en opgekap 1 tl kerriepoeier 1 tl tiemie 3 el blatjang 2 el appelkooskonfyt 3 el tamatiesous 1 el worcestershire sous sout en peper na smaak parmesaan kaas vir afronding *botter Verhit die oond tot 180 °C. Kook skorsies vir 15 minute, dreineer water en plaas op baklaat, plaas klein klonjie botter in elke holte Frikkadelle: In 'n mengbak, meng al jou bestanddele vir die frikkadelle Maak 6 eweredige bolletjies, plaas 'n bolletjie in elke skorsie holte Strooi parmesaan kaas oor Oondbak in voorverhitte oond ongeveer 40 min tot die skorsies sag is en die bolletjie goudbruin en gaar is
Viewing all 286 articles
Browse latest View live