Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all 286 articles
Browse latest View live

Vinger aflek lekker “spare rib”

$
0
0

sparerib2

trooskos !! 1.5 kg vark "spare rib" snitte 1 pakkie Royco spare rib marinade (aangemaak soos op pakkie aangedui) 200 ml coke cola 3 el botter sout en peper na smaak . Voorverhit die oond tot 180 grade C . Stip oondpan met botter, plaas ribbetjie bo op, bedek pan met foelie, blink kant na onder en seel mooi toe. Bak die vleis sowat 1 uur tot sag, verwyder dan die bedekking, . Meng aangemaakte marinade met coke, giet helfte van die marinade oor , plaas onbedek in oond en bak tot bruin, draai ribbetjie om, sout en peper na smaak, gooi res van marinade oor en laat verder bak tot goudbruin en doeksag Dien op saam met aartappels in die skil , of slap chippes en uie snippers en gemengde slaai of pap en botter...sousie as jy wil Genoeg vir 4 tot 6 mense.

Winterstroos Beesvleis en Groente Bredie

$
0
0

beesvleisbredie

  1 kg heel skywe beeskook van jou keuse (dikrib, brisket, chuck ens.) 2 groot uie, opgekap 2 groot aartappels - geskil en in kwart gesny 3 wortels, geskraap en opgekap in hap grootte 2 kop gevriesde groenboontjies 2 el botter ½ tl tiemie swartpeper na smaak sout na smaak 1 el bruinasyn 3 tl bisto poeier aangemaak met bietjie koue water kookwater Sit jou vleisstukke in 'n medium kastrol, gooi net genoeg koue water oor om vleis mooi te bedek Voeg eetlepel asyn by en bring tot kookpunt, kook stadig met deksel op tot al die water verdamp het en vleis begin potbraai, braai dan albei kante lekker bruin Plaas uie bo op , sprinkel met tiemie, gooi klein bietjie kookwater bo oor , plaas deksel op en laat weer afkook tot begin potbraai, voeg botter by en braai alles lekker saam tot bruin en geurig Gooi genoeg kookwater op om alles weer te bedek, prut stadig vir halfuur, plaas aartappels, wortels en groenboontjies bo op en gooi net genoeg kookwater op om als te bedek, geur met sout en peper na smaak Wanneer aartappels sag is, voeg aangemaakte bisto by, roer liggies deur, prut stadig vir 10 minute Bedien met rys of stampmielies selfs lekker krummelpap

Michael se Varkrol

$
0
0

943664_606455929394865_1329824413_n

Kom ons kyk gou of ek 'n resep kan weergee wat julle 'n idee kan gee wat ek hier gemaak het. Eerstens het ek gegaan en beide kante van die belly kruissnitte gemaak sodat die geure diep in die vleis kan intrek... Die vleis het ek met sout, varsgemaalde swartpeper en hoenderspeserye gegeur, en daarna het ek die sap van een vars uitgedrukte suurlemoen oor die vleis gegooi met Jimmy's gesmeer... Die vulsel het bestaan uit gekapte sampioene, gekapte pruimedante, gekapte ui, opgekapte ham, vars knoffel, vars gemmer, aartappelskywe, appelskywe, vars pietersielie, mosterd en Jimmy's of molasses. Nadat alles op die vleis gepak is, het ek die belly opgerol en vasgesteek met sosatiestokkies. Die outjie is toe oond toe en het vir 4 ure in die oond gebak teen 160 grade... Jy kan hom ook oornag in die oond los teen so 110 grade... Ek het hom na 'n uur uitgehaal en ruim bedruip met Jimmy's en weer terug in die oond gesit. Na die 4 ure in die oond het ek die outjie vir so 20 minute gegrill tot goudbruin...   Met dank aan Michael Coetzee

Beesvleis met ertjie, lensie en gort sop

$
0
0

sop

Winter troos !! . 500g bees-skenkel 1 el asyn 3 el botter 1 groot uie, fyn opgekap 1 pakkie beesstert sop 2 aartappels, geskil en gerasper 2 ryp tamaties, skil verwyder en opgekap 3 kop "soup mix" ( 4 in 1) lensies, ertjies, gort kookwater sout en peper na smaak Soup mix: Kook die sopmengsel met 1l water in lekker groot kastrol waar jou sop gaan bymekaar kom Kook nou stadig tot "soup mix" lekker sag is (so 1 en 1/2 uur) Voeg nog kookwater by indien nodig, dat dit nie droog kook nie In 'n ander kastrol, sit jou vleis in, voeg net genoeg koue water by om vleis te dek Gooi eetlepel asyn by en kook tot die vleis potbraai Voeg uie en botter by en braai tot lekker geurig Gooi 500 ml kookwater by en kook stadig tot water weer verdamp en vleis begin braai Voeg gerasperde aartappels, tamaties sout en peper na smaak en 500 ml kookwater by Bring tot kookpunt en laat stadig prut tot aartappels sag is + - 20 min As jou "soup mix" nou lekker sag gekook is, voeg die vleismengsel by, roer deur Gooi 500 ml kookwater by en laai prut baie stadig oor lae hitte vir ongeveer 40 min Roer nou en dan Maak 2 eel soppoeier aan met koppie kouewater, voeg by sop Kook vir 10 min tot lekker dik en geurig, voeg nog kookwater by indien jy dunner verkies Proe die sop en voeg nog sout en peper by na smaak . Laat staan vir minstens 20 minute voor opdien met vetkoek of vars brood

Potbraai met Heuning Wortels en Knoffel Kapokaartappels

$
0
0

potbraai

Kook met nostalgie 1 kg beeskook dikrib (short rib) 2 groot uie, opgekap 5 knoffeltoontjies, gekneus 4 el botter 1/2 tl droe tiemie 1/2 tl geroosterde koljander, fyngemaal mespunt fyn naeltjies swartpeper na smaak sout na smaak 1 el bruinasyn 3 tl bisto poeier aangemaak met bietjie koue water 500ml kookwater Sit jou vleis in 'n medium kastrol, gooi genoeg koue water oor om vleis mooi te bedek Voeg eetlepel asyn by en bring tot kookpunt, kook stadig tot al die water verdamp het en vleis begin potbraai, braai dan albei kante lekker bruin Plaas uie en knoffel bo op , 2 el botter, sprinkel met tiemie, koljander en fyn naeltjies, gooi 500ml kookwater bo oor , plaas deksel op en laat weer afkook tot begin potbraai, voeg botter by en braai alles lekker stadig oor lae hitte tot goudbruin en geurig. Heuning wortels 6 groot geelwortels - gekerf en in happiegrootte opgekap 6 el bruinsuiker 3 el heuning 2 el botter Spoel gekapte wortels af en sit in kastrol, gooi 2 koppies kookwater oor en kook vir 10 minute Dreineer water en voeg botter. heuning en bruinsuiker by, roer kort kort en bring tot kookpunt Kook stadig vir nog 10 minute tot dit ’n karamelsous vorm, pasop stroop nie aanbrand nie . Knoffel Kapokaartappels 5 groot aartappels 4 knoffeltoontjies gekneus en fyn opgekap 1 ui baie fyn opgekap 4 el botter 100 ml melk varsgemaalde swartpeper sout In n kastrol verhit 2 el botter, voeg uie en knoffel by en braai tot deurskynend Voeg nog 'n eetlepel botter by en braai baie stadig vir 5 min Voeg aartappels by en bedek met kookwater, kook tot aartappels sag is Druk aartappels fyn met drukker Voeg nog 1 el botter en warm melk by Geur met sout en peper na smaak en bring tot kookpunt

Prego steak rolletjies

$
0
0

pregosteak

Naweek kos !! Vinger aflek lekker een ,sommer  tjop tjop aanmekaar.... 600 g Tenderised Steak (repies gesny) 300 ml Prego  sous 30ml olie 3 el botter ** 4 Broodrolletjies van jou keuse So gemaak:: Marineer die vleis repies in sous vir minstens 1 uur Skroei die steaks in ’n baie warm pan met bietjie olie en botter, roerbraai nou lekker na jou smaak. Gooi oortollige sous by en kook vinnig tot sous dik en geurig  raak , Geur met die sout na smaak Sny die rolletjies amper middeldeur, smeer met bietjie botter, en vul met repies vleis Sit voor terwyl nog lekker warm

Katjiebotter koekies

$
0
0

grondboontjiebotter

Lekker koekblik bederfies - sonder koekmeel . 1 kop katjiebotter (peanutbutter) 1 kop bruin suiker 1 ekstra groot eier ~ (kamertemperatuur) liggies geklits growwesout vir sprinkel **opsioneel karamelkondensmelk, of smelt sjokolade Voorverhit die oond tot 170 C Voer jou bakplaat uit met bakpapier. Meng die bestanddele goed saam. Skep teelepels vol deeg in jou hand en maak  bolletjies en pak dit op die bakplaat effens uitmekaar Druk die balletjies  plat met ’n vurk Besprinkel die koekies baie liggies met soutvlokkies . Bak vir ongeveer 8 minute tot bruin. Laat goed afkoel, nou kan jy die koekies met karamelkondensmelk of gesmelte sjokolade teenmekaar plak

Sappige Suurlemoen en Peper T-Been in die pan

$
0
0

tbeen

500 g T Been per persoon (matured) oopgestaan dat dit lug skep, vleis moet kamertemperatuur wees Olyfolie Botter ( so 3 el ) Suurlemoensap Growwe gemaalde swartpeper (genoeg, moenie skaam wees nie ) Sout na smaak Lekker groot swaarboompan Sny kepies aan die vetkant van jou T Been, smeer goed met suurlemoensap, laat rus vir 15 min Sprinkel jou pan goed met olyfolie, voeg 2 el botter by en maak jou pan lekker warm. Seel nou mooi jou vleis in warm pan vinnig oral om, voeg nog botter 1 et botter en sprinkel suurlemoensap oor, sout en peper na smaak en laat stadig panbraai tot na verlangde smaak, draai gereeld om. Sit dadelik voor met pap en sous  of slapchips, uiesnippers of lekker knoffelbrood

Bunny chow met rosyntjiebrood

$
0
0

bunnychow1

So ietsie anders, 'n twist met 'n rosyntjiebrood wat die kerrie kombinasie 'n wenner maak 1 vars rosyntjiebrood Vir die kerrie Kerrie: 1kg beesvleis, groot blokke gesny 125 ml kookolie 1 eetlepel asyn 2 groot uie, gekap 3 knoffeltoontjies - gekneus mespunt fyn gemmer 1 tl bruinsuiker mespunt borrie 3 eetlepels sterk kerrie poeier 2 aartappels, geskil en kwarte opgesny 2 tamaties, fyngekap 1 eetlepel appelkoos konfyt sout na smaak 2 x 500 ml kookwater **genoeg servette !! Verhit olie in kastrol, voeg uie en knoffel by, braai vir ‘n paar minute tot uie sag is. Voeg kerrie en gemmer, bruinsuiker asyn en laaste borrie by, roer vinnig deur Verlaag die hitte en voeg vleis by roerbraai tot liggies bruin. Gooi 500ml kookwater by, sit die deksel op en laat prut oor matige hitte tot water verdamp het Voeg nog 500 ml kookwater by, sit aartappels in saam konfyt, tamaties, sout na smaak Bring tot kookpunt, en verlaag dan hitte. en kook stadig tot vleis en aartappels sag is Laat staan vir 15 minute voor jy jou rosyntjiebrood halveer en uithol, skep lekker vol met genoeg sous, eet dadelik. Bunny chow word met die hand ge-eet, lekker groot glas yskoue melk saam

Kaas Soentjies

$
0
0

kaaspoffertjies

Wat jy nodig het: 1/2 koppie melk 2 eiers liggies geklits 2 koppie kaas gerasper 1 koppie bruismeel 3 repe spekvleis opgekap en gebraai en afgekoel 1 ui opgekap, liggies gebraai en afgekoel mespunt sout mespunt rooipeper (cayenne peper) So gemaak: Voorverhit die oond tot 200C. . Klits saam eiers en melk in 'n groot mengbak Voeg res van die bestanddele by en meng goed deur Voer 'n bakplaat met bakpapier en skep groot eetlepel van die mengsel op die plaat. Plaas in oond en bak vir sowat 20 minute of tot effens goudbruin .

Spoorwegkoek

$
0
0

spoorwegkoek

Nostalgiese bederf; uit ouma se resepteboek. Wonder wie het met die een groot geword? 125 g sagte botter 4 eiers geskei 400 g suiker 375 ml melk 80 ml brandewyn 480 g koekmeel 5 ml koeksoda 10 ml kremetart 1 hoogvol koppie korente Voorverhit oond 150 C Room botter, voeg eiergele en suiker by en room tot lig en donserig Meng melk en brandewyn voeg by eiermengsel maar moenie roer nie Sif nou koekmeel, koeksoda en kremetart saam en vou om die beurt bietjies, bietjies by die eier en melk mengsel in. Voeg korente by en roer mooi deur. Klits eierwitte styf en vou by mengsel in Skep in gesmeerde koekpan en bak by 150 C vir ongeveer 2 ure tot toetspen skoon uitkom    

Gegeurde broodkrummels

$
0
0

broodkrummels

  Maak jou eie broodkrummels in 'n japtrap ! Goedkoop en daars altyd ou brood in die huis ! 1 enige gesnyde ou brood, uitgedroog in oond by 110 C tot dor en kirk droog, (so 50 min) draai tussenposes om Jy kan die res broodkrummels wat jy nie gebruik nie in 'n ziplog sakkie of bakkie wat goed kan seel, dan is dit daar vir 'n volgende keer. Stamp uitgedroogde snye 1 op 'n slag fyn in plastiekbak met plat bodem glasbottel.( of voedselverwerker ) Meng met speserye van jou keuse (rooipeper, aromat, swartpeper, hoenderspeserye, knoffelsout ens) na smaak Gebruik nou soos in jou voorgeskrywe resep Lekker vir bees; vark, hoender schnitzel of bros hoender repies., viskoekies sputniks of selfs oor gebakte kaasgeregte

Klam vanielje sponskoek

$
0
0

sponskoek

6 groot eiers 250 ml strooisuiker 5 ml vanielje geursel 250 ml koekmeel 5 ml bakpoeier 15 ml kookwater 200 ml aarbeikonfyt Geklopte room Versiersuiker vir sprinkel metode Voorverhitte oond 180 C Klits die eiers, strooisuiker en vanieljegeursel saam tot die mengsel veerlig en romerig is Sif die meel en bakpoeier saam; vou liggies in by eiermengsel Vou nou die eetlepel kookwater in Giet die beslag in 2 x koekpanne goed gespuit met kleefvrye sproei Bak vir 20 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom Haal uit die oond en keer uit op 'n afkoelrak en laat dit heeltemal afkoel Plak die twee helftes van die koek saam met die aarbeikonfyt en 'n lekker dik lagie geklopte room, smeer res van die room bo-op koek indien verkies of sif versiersuiker bo oor

Smul lekker Sampioen Pizza

$
0
0

sampioenpizza

Lekkerste Vleislose Maandag Ete
(per persoon)
Handvol gerasperde Cheddar Kaas
Handvol gerasperde Mozzerella Kaas
Handvol Sampioene afgewas en grof opgekap
2 knoffeltoontjies; gekneus en opgekap
Tabasco sous
Growwe swart peper en gemengde kruie na smaak
Botter
1 gekoopte pizza basis; gevries Voorverhit oond na 180 C Verhit 1 el botter en braai knoffel so minuut Sit nog bietjie botter en roerbraai sampioene saam tot geurig Sprinkel paar druppels Tabasco sous eweredig oor "ready made pizza basis" Sprei gebraaide sampioene eweredig oor Sprei handvol cheddar kaas oor en dan genoeg mozzerella oor Sprinkel met kruie en gemaalde swart peper na smaak Bak by voorverhiite oond 15 min tot goudbruin, bedien dadelik

Tuisgemaakte Sjokolade Stroop

$
0
0

roomyssous

1 kop Room 1 kop Suiker 3/4 kop kakao 1 tl vanilla geursel knippie sout 2 el stroop Roer al die bestanddele saam in 'n lekker groot souspan oor matige hitte totsuiker opgelos is, tot glad en blink Verwyder van die hitte en laat afkoel vir 10 min Gooi in bottel, bere in yskas Heerlik saam roomys, pannekoek of waffels

Jack Daniel’s Malvapoeding

$
0
0

jackdanielsmalvapoeding

Gee die ou gunsteling 'n lekker twist; soveel lekkerder die volgende dag ! 1 kop strooisuiker 2 groot eiers 1 el appelkooskonfyt 1 1/2 kop koekmeel 1 tl koeksoda 1 knippie sout 2 el botter 1 el asyn 1/2 kop melk Vir die sous: 1 blik ideal melk (ingedampte melk) 4 el botter 1 kop suiker 1/2 koppie Jack Daniel's Whiskey Voorverhit die oond tot 180 ° C. Klits die strooisuiker en eiers tot donsig en lig, voeg die konfyt tot en klits tot romerig. Sif die droë bestanddele in 'n aparte bak. Smelt die botter in 'n kastrol en voeg die asyn en melk. Voeg die droë bestanddele by die eiermengsel, afgewissel met die melkmengsel by en meng tot goed gemeng. Gooi in 'n oondbak en bak vir 35 minute. Om die sous te maak: Smelt al die sous bestanddele saam en giet oor die poeding wanneer dit kom uit die oond. Sit voor warm of koud met roomys    

Geurige Rasta Rys

$
0
0

rastarys1

Dié naam is afgelei van die rooi, geel en groen kleur van die soetrissies in die gereg 1 ui, in skywe gesny 2 knoffeltoontjies ; gekneus en opgekap 3 soetrissies ; 1 groen, 1 rooi en 1 geel ontpit en in dun skywe gesny 1 geelwortel, gekerf en dun repies gesny 1 kop vol gevriesde ertjies, vinnig gekook met bietjie botter by, dreineer bietjie olie 2 kop rys 1 tl borrie 1 el botter 1 el aromat peper na smaak Dan maak jy só: Kook rys soos normaalweg, wanneer amper droog gekook voeg botter, aromat en borrie by en roer mooi deur Verhit bietjie olie in ’n pan en braai die knoffel en ui tot uie deurskynend is, skep uit bo op klaar gekookte rys In dieselde pan roerbraai nou die soetrissies en wortelrepies vinnig tot geurig – as jy dit te lank braai, gaan dit verlep lyk Voeg dit nou ook by die rys en uie, voeg ertjies by, peper na smaak en roer alles goed deur met 'n vurk Bedien dadelik

Spek en Spinasie Mieliebrood

$
0
0

spekspinasiebroodjie

Lekker broodjie vir enige bygereg, of baie lekker sommer so op sy eie 500g bruismeel 8 repies spekvleis, bros gebraai en fyn gekap en afgekoel halwe kop cheddar kaas, gerasper 2 groot spinasie blare ontkern en baie fyn gekap 1 blikkie heelpitmielies , gedreineer 125ml olyfolie 125 ml melk 3 ekstra groot eiers rooipeper na smaak 1/2 tl sout . Voorverhit die oond tot 200 C . Smeer 'n diep broodpan goed met botter Gooi bruismeel in lekker groot mengbak, voeg sout en rooipeper by en meng deur In 'n ander mengbak voeg spek, kaas en spinasie, meng mooi deur Klits olie, melk en eiers saam in koppie Voeg nou alles bymekaar in droë bestanddele mengbak tot 'n deeg vorm. Giet in broodpan en bak vir sowat 30 minute ( toets met pen). Laat effens afkoel, in pan Bedien met lekker plaasbotter

Patatwiele

$
0
0

patatwiele

5 patats gekook en fyn gedruk en afgekoel moenie waterig wees nie) 1 rol  blaardeeg - ontdooi 1 kop kaneelsuiker ((kaneel en suiker mengsel) 1 kop bruinsuiker 1 kop room Voorverhit oond 180 C Rol blaardeeg effetjies uit Smeer patat oor die deeg Strooi helfte van die kaneelsuiker oor die patat Rol die deeg op, bere in die yskas vir halfuur Sny in duim dukte wiele Pak wiele in vuurvaste gesmmerde oondbak Meng die bruinsuiker en room, en giet eweredig oor patatwiele Strooi res van die  kaneelsuiker oor Bak vir 45 minute in voorverhitte oond, bedien warm

Brandewyn en Rosyntjie Potpoeding

$
0
0

potpoeding

Stroop : 4 kop kookwater 2 k suiker 2 el botter 1 kop brandewyn 2 el botter 1 tl karamel essense In 'n lekker groot kastrol wat mooi kan seel; bring alles saam tot kookpunt, roer tot suiker opgelos is Maak gou die beslag: 3 groot eiers geklits - kamertemperatuur 2 kop koekmeel 1 tl bakpoeier 1 tl koeksoda mespunt gemengde speserye knippie sout 125 g botter gesmelt lekker handvol rosyntjies 125ml  kop appelkooskonfyt 125ml gouestroop Meng botter, konfyt en gouestroop saam In mengbak voeg koekmeel, bakpoeier, sout,  koeksoda en gemengde speserye, meng liggies deur met vurk Voeg nou eiers en rosyntjies, meng deur Vou nou konfytmengsel by en roer alles saam tot deeg vorm Wanneer die stroop borrelend kook, word die beslag lepelsgewys ingeskep. Sit die deksel styf op en laat stadig stoom tot gaar, ( 30 min) Moenie deksel oplig nie Haal kastrol van plaat af en laat rus 20 minute voor jy deksel oplig Bedien met vla
Viewing all 286 articles
Browse latest View live