Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all 286 articles
Browse latest View live

Hoender, Spek en Kaas Krokette

$
0
0

2 ontbeende hoenderborsies 2 eiers ½ kop koekmeel 1 tl gedroogde roosmaryn 4 repies spek - bros gebraai, fyn opgekap 1 tl knoffelsout ½ tl rooipeper 1 kop mozzarella kaas, gerasper ½ kop "Sweet Chillie" sous cheddarkaas in duimnael grootte blokkies opgesny Brood krummels Olie vir diepbraai Bak in die oond hoenderborsies tot gaar en goudbruin, geur met sout Laat afkoel en snipper fyn op, plaas in groot mengbak Voeg nou by, eiers, koekmeel, spek, koffelsout, rooipeper, mozarella kaas en sweet chillie sous. Meng goed deur, sit in yskas vir 15 min Verhit olie in diep pan of pot Vat nou 'n blokikie kaas, een hoogvol eetlepel van die vleismengsel en vorm 'n stewige bal om die blokkie kaas met jou hande Rol in broodkrummels, bedek mooi oral om Braai in warm olie tot goudbruin, skep uit op kombuispapier om ektra olie te drein Sit voor saam dip sous van jou keuse, lekker saam 'n groenslaai vir 'n ligte ete

Suurlemoen Kaaskoek in ‘n glas

$
0
0

Heerlike Somer nagereg op jou vingerpunte ! Soos 1, 2, 3.......die is so eenvoudig. Krummels: 1 pakkie tennisbeskuitjies - fyn gedruk 1 el strooisuiker 3 eetl botter, gesmelt . Vulsel: 1 x 250 g roomkaas 125 ml room - baie styf geklop 1 blik kondensmelk  - yskoud 1/2 tl baie fyn gerasperde suurlemoenskil 3 el suurlemoensap 5 el  strooisuiker . Krummels: In 'n mengbak voeg die krummels en strooisuiker saam. Giet botter, gesmelt by en meng goed deur Verdeel mengsel tussen 8-10 glase, druk met eetlepel die krummels vas onder in die glase, skep nog 'n lagie bo op en druk weer vas . Vulsel: Klits room styf, hou eenkant Klits die roomkaas en strooisuiker tot glad en romerig, hou eenkant Klits die kondensmelk tot romerig Voeg suurlemoenskil en sap bietjies bietjies by die kondensmelk terwyl jy aanhou klits Vou nou die roomkaas in, meng goed deur Vou die stywe gekopte room in, moenie te veel karring nie, meng net goed deur Skep die mengsel op die kors in jou glase, maak glas half vol Sprinkel nou laag droe krummels oor Skep roomkaas mengsel bo oor krummels Hou in yskas vir minsten 1 uur, kan mooi afrond met grinadella pulp of vrug van jou keuse

Tuisgemaakte Pastei Kors

$
0
0

Elke kombuis behoort die resep byderhand hou, flopvrye tuisgebak . 1 kg koekmeel 280 ml kookwater 1 el sout 500 g blok regte botter, sny kwart van die blok af en sit in vrieskas om te vries 2 eiers geklits met bietjie water Voorverhit oond na 180 C In 'n lekker groot mengbak, sny res van die botter in blokkies, giet kookwater oor Laat staan tot botter gesmelt en water louwarm is Voeg nou koekmeel en sout by Meng goed deur tot deeg vorm en knie die deeg goed deur vir minuut of twee Maak 'n bol, maak toe met kleefplastiek en sit in yskas vir 1 uur Sprinkel werksblad met koekmeel, rol deeg uit Rasper gevriesde botter oor die deeg, vou toe en rol met koekroller Vou weer op en plaas in yskas vir 30 min Sprinkel werksblad met koekmeel, rol deeg 3mm uit Druk jou gewenste grootte deeg uit, sirkel of vierkante Skep vulsel op een helfte van deeg, smeer randjie met eier, vou toe, druk randjies vas met 'n vurk. Smeer pastei met gekitse eier bo op Bak 40 min tot goudbruin

Peppermint Crisp en Milo Roomys

$
0
0

Net 5 bestanddele. Ryk en romerig ~ tuisgemaak, die beste !! sonder roomys masjien. 1 lt vars room (yskoud verkieslik oornag in yskas) 1 blik volroom kondensmelk 1 el vanilla essence 1½ kop milo poeier 3 x 49 g Peppermint Crisp stafies - grof opgebreek In lekker groot mengbak giet jou room in en voeg vanilla by Op jou elektriese klitser se hoogste spoed; klop tot styf en dubbel die volume, moet lekker fluffy wees Vou die kondensmelk en milo in, meng mooi deur, vou sjokolde stukkies in, maar nie te veel karring nie Skep in 2 lt houer, seel goed. Vries 6 - 8 ure, laat staan buite vrieskas vir 10 minute voor opdien

Klewerige Prego Hoender

$
0
0

Vinger aflek lekkerte, taai klewerige hoender met so effe van 'n byt 1 Plaas Hoender - opgesny 200 ml Prego Sous 6 el Appelkooskonfyt Sout en Peper na smaak Kookolie Foelie Voorverhit oond 180 C Spoel hoender goed af onder koue lopende water Plaas hoenderstukke in 'n oondpan, bedruip met kookolie Geur hoender met sout en peper en bak hoender tot geurig en goudbruin aan albei kante Meng Prego sous en appelkooskonfyt tot glad Verlaag oond se hitte na 160 C en bedruip hoender met prego sous mengsel Bak die hoeder stadig tot sous lekker klewerig en goudbruin is Bedruip gereeld met sous tussendeur Bedien dadelik

Gebraaide Peper Biefstuk vir Kouevleis

$
0
0

Perfek vir kouevleis en slaai, jy kan die vleisstuk ook warm voorsit met groente en lekker lang bruinsous gemaak van die pansous 1- 2 kg heel Topside Biefstuk (maak seker daar is darem 'n mooi lagie vet) 4 et botter Sout Gemaalde vars Swart Peper Foelie Voorverhit oond 180 C Plaas Biefstuk in 'n oondpan, stip oral met botter Geur met sout en baie varsgemaalde Swart Peper Seel oondpan met foelie, maak seker kante is mooi toe Bak in voorverhitte oond vir 1 uur, draai Biefstuk om, sout en peper na smaak (as jy die Biefstuk warm voorsit, kan jy ook nou jou aartappels byvoeg) Maak weer toe met foelie en bak vir nog 45 min Laat in die oondpan afkoel, plaas dan in yskas vir minstens 4 ure voor jy dun skywe opsny As jy die Biefstuk warm bedien, laat rus in oondpan vir minstens 20 min voor jy opsny Belowe jou, die wag die moeite werd ! Sit voor met Engelse Mosterd

Kaiings met Mieliepap

$
0
0

Daar is darem min dinge so lekker soos pap en kaiings! Mond blink ge-eet van al die gebraaide vet! Baie geduld om die vetjies fyn op te sny, maar die moeite werd ! 1 - 2 kg sagtevet - skaap, vark, bees; met effense vleisie aan (vet van die boude, skouer en ribbes , skaapstertjies vetjies as jy kan) Sny die vet in klein dobbelsteentjies Oor matige hitte, braai stadig die vet uit, verkielik in  'n swaarbodempot , roerbraai totdat die vetjies bruin braai en los begin dryf bo op uitgebraaide vet Giet uitgebraaide vet deur draad sif, of "strainer" of selfs deur 'n skoon kombuis vadoek Gooi kaiings terug is kastrol en braai stadig die kaiings verder tot goudbruin, moenie dat dit brand nie, dan gaan jou vet bitter wees Skep uit op kombuispapier, geur met sout en peper Sit dadelik voor met mieliepap of lekker dik sny brood *Uitgebraaide vet kan gebruik om botter of self jou kookolie te vervang vir bak en braai

Oondgebakte Skaapkop

$
0
0

So lelik maar seker die lekkerste deel van die skaap . 1 heel skaapkop per persoon, baie mooi skoongemaak, deurgespoel met lopende koue water, droog gedruk met skoon vadoek 250 ml water 4 el botter suurlemoensap sout vars gemaalde swartpeper *swaargewig foelie So gemaak: Voorverhit die oond tot 180 C . Sit skaapkop in oondpan Spuit met bietjie suurlemoensap oor die skaapkop Geur baie goed met sout en peper oral om Gooi water in oondpan, stip oral met botter en bedek dig toe met foelie, seel die kante mooi Bak nou vir 2 ure sonder om oop te maak Verwyder die foelie versigtig, dis baie warm, bak nou oop vir nog 2 ure tot goudbruin, bedruip gereeld met pansous . Bedien dadelik met lekker mieliepap of dik snye brood. Die skaapkop word met die hand en knipmes ge-eet, vinger alek lekkerte

Vinnige Piesangbroodjie

$
0
0

Dis die maklikste en vinnigste piesangbroodjie wat jy al ooit sal bak So maklik soos 1 ... 2 ... 3; jy gooi net als bymekaar, meng en bak . 1 groot ryp piesang fyngedruk ½ kop suiker 1 kop koekmeel 1 tl bakpoeier 1 tl koeksoda 1 groot eier 3 el botter 1 el kookolie sprinkel neutmeskaat (nutmeg) mespunt sout *melk . Voorverhit oond 180 C smeer 20 cm broodpan goed met botter . In 'n lekker groot mengbak, room suiker, botter en kookolie saam Bo op gooi koekmeel, bakpoeier, koeksoda, neutmeskaat, fyngedrukte piesang en breek eier laaste by Meng goed deur tot 'n stywe deeg, kan aangeklam word met bietjie *melk by indien nodig Skep in gesmeerde broodpan Bak by voorverhitte oond + - 45 min tot toetspen skoon uitkom Laat in broodpan akoel voor jy uitkeer . Laat broodjie goed afkoel voor jy sny

Soet Karamel Patats

$
0
0

Kook met nostagie. Ouma se soet patat, hoe maak mens? 3 groot Patats, geskil en 2cm skywe opgesny 1 kop Suiker 2 el Botter 1 tl Suurlemoensap 1 kop Kookwater Gooi alles saam in een kastrol Kook tot sag en suikerwater verdamp het, en begin braai Draai hitte laag, potbraai ( moenie roer nie) tot goudbruin tot tameletjie stroop begin Hou maar dop dit brand vinnig aan, bedien dadelik saam Varkvleis, Snoek of Skaapboud

Koekie Monster Roomys

$
0
0

Vir oud en jonk, almal gaan mal wees hieroor ! . 1 lt vars room (yskoud verkieslik oornag in yskas) 1 blik volroom kondensmelk 1 el vanilla essence ½ tl blou kos kleursel (kyk of jy meer donkerder sou verkies, voeg nog paar druppels by) 1 pakkie oreo koekies - grof gekap 1 pakkie tennis beskuitjies - grof gekap In lekker groot mengbak giet jou room in, voeg kleursel en vanilla by Op jou elektriese klitser se hoogste spoed; klop room tot styf en dubbel die volume, moet lekker fluffy wees Vou die kondensmelk in, voeg gekapte koekies by en meng mooi deur, maar nie te veel karring nie Skep in 2 lt houer, seel goed. Vries 6 - 8 ure, laat staan buite vrieskas vir 10 minute voor opdien

Geurige Rysslaai

$
0
0

Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder is dit . 2 gerookte russians 1 kop rou witrys, gaar gekook - afgekoel 1 groen soetrissie, in blokkies gesny 1 ui, fyn gekap 1 knofffeltoontjie - gekneus en fyn gekap 100 g cheddar kaas - klein blokkies gesny sout gemaalde swartpeper gedroogde kruie 1 el botter 1 kop cross & blackwell mayonnaise 1 el kondensmelk Sny die gerookte russians op in skyfies, dan elke skyfie in die helfte Braai in bietjie botter tot bros, laat afkoel As als lekker afgekoel en koud is , in 'n lekker groot mengbak voeg die rys, groen soetrissies, ui, knoffel , kaas blokkies en bros gebraaide worsies saam. Geur met sout en peper na smaak, meng liggies deur Voeg nou kondensmelk en mayonnaise by , sprinkel met droee kruie na smaak en meng goed deur Plaas in yskas vir minstens 1 uur dat die geure met mekaar begin gesels

Suurlemoenmelktert

$
0
0

'n Lekker twist in die Melktert, dubbele lekkerte 2  gunstelinge in een tert ! ..( ..lewer 1 baie groot tert) Kors 200 g botter of margarien 2 x pakkies tennis beskuitjies, fyngedruk . Suurlemoen vulsel mengsel 2 x 385 g blikkies kondensmelk 250 ml suurlemoensap . Melktertlaag 4 kop melk 2 el botter 2 el koekmeel 2 el opgehoopte maizena halwe tl sout 4 groot eiers, geskei halwe kop wit suiker 1 el vanielje *fyn kaneel vir sprinkel . Kors Smeer groot tertbak (  + - 30 cm ) liggies met botter. Smelt botter en meng in die fyngedrukte beskuitjies. Druk mengsel lekker styf vas in ’n gesmeerde tertbak . Suurlemoen vulsel mengsel Gooi kondensmelk in 'n mengbak, voeg suurlemoensap bietjies, bietjies by terwyl jy aanhou klits Skep mengsel oor tertkors Laat in die yskas vir 1 uur . Melktert vulsel mengsel . Meng die koekmeel, mielieblom, sout en eiergele saam Voeg bietjie melk by en klits tot 'n gladde pasta Verhit die melk in ’n kastrol tot amper kookpunt Voeg nou botter by, bring weer tot kookpunt As die melk kookpunt bereik, voeg die pasta mengsel by terwyl aanhoudend vinnig roer Hou aan klits en kook vir 5 min tot verdik oor lae hitte Haal van die plaat af en gooi suiker en geursel by, roer tot suiker opgelos is Laat in kastrol goed afkoel . Klits eierwitte mooi styf tot punte vorm, vou dan in by die afgekoelde melk mengsel Skep bo oor die suurlemoenlaag Sprinkel na smaak met kaneel Plaas in yskas vir minstens 3 ure om goed te set voor jy die tert sny.

Oe-la-la Tuna

$
0
0

Geblikte tuna altyd ’n staatmaker, die is 'n eenpot smul randrekker ! (genoeg vir 3) . 250 g rou macaroni 1 ui - gekap 1 groen soetrissie, klein blokkies opgekap 1 tamatie - opgekap 1 knoffeltonntjie, gekneus 50 g all gold tamatie puree 2 blikkies geflekte tuna, gedreineer 200g gerasperde cheddar mespunt rooi peper (cayenne peper) gemaalde swart peper na smaak sout na smaak 60 ml kookolie 1 el botter . Kook pasta soos op pakkie aangedui Intussen verhit bietjie olie in pan, braai ui, knoffel en groenrissie tot geurig Voeg tamatie by, roer deur en verwyder van hitte, hou eenkant Wanneer pasta gaar en gedreineer is, gooi terug in die kastrol en oor matige hitte; roer vinnig 1 el botter deur Voeg gebraaide uie mengsel en tamatie puree by, meng goed deur Voeg tuna en 3/4 van die gerasperde kaas by, rooi peper, swart peper en sout na smaak Meng deur en maak lekker warm tot kaas gesmelt is Bedien dadelik, sprinkel met kaas en sit voor met groenslaai en broodrolletjies

Sjokolade gedoopte Botterkoekies

$
0
0

Smelt in die mond lekker  - (maak 40) Bestanddele 250g sagte botter 120 ml versiersuiker, gesif 700 ml Bruismeel 1/2 tl sout 20 ml melk *80g blok melksjokolade, oor dubbel koker of in mikrogolf gesmelt . Voorverhit oond 160 C In 'n lekker groot mengbak room die botter en versiersuiker tot lig en romerig Sif die meel en sout saam en vou in by bottermengsel Gooi melk by en meng goed deur tot 'n lekker stywe deeg vorm Maak toe met kleefplastiek, plaas in yskas vir 30 min Skep teelepel-grootte deeg in jou hand, rol bolletjies en plaas op gesmeerde bakplaat, los 'n goeie vingerspasie tussen in Druk liggies plat met 'n vurk Bak in voorverhitte oond 20 minute Keer uit op draadrakke om heeltemal af te koel Doop helfte van die koekies in gesmelte sjokolade, plaas op draadrak sodat eksta sjokolade kan afdrup Geniet

Marmite en Kaas Potbrood

$
0
0

Dis nou 'n lekker lekker die ! 1 Klaargemaakte Brooddeeg - by supermark 250 g Botter 4 tl Marmite 150 g Cheddar Kaas Rooi peper na smaak (cayenne peper) . Voorverhit oond 180 C In 'n kastrol smelt die marmite en botter saam, laat effe afkoel Smeer Platboom pot ot of oondvaste bak goed met botter . Breek golfbal grootte brood deeg af, rol balletjies met jou hande en pak in oondbak, herhaal en ranskik balletjies tot hele bodem bedek is Gooi geraserde kaas oor en sprinkel Rooi peper na smaak Giet Marmite en bottermengsel eweredig oor die balletjies, laat so halfuur op warm plek rys Bak in voorverhitte oond 25 min tot goudbruin Laat in oondbak effe afkoel voor jy bedien Heerlik saam braaivleis

Flippen Lekker Bullybeef Kerrie Jaffles

$
0
0

Ou gunsteling en 'n lekker smul randrekker ! 1 Blik Bull Brand Bullybeef - blokkies opgesny 1 ui - fyn opgekap 2 knoffeltoontjies - gekneus 80 ml kookolie 1 tl sterk kerriepoeier 1 blikkie KOO gemengde Kerriegroente 3 el tamatiesous 2 el blatjang *minstens 14 sny brood Verhit bietjie olie en braai ui en knoffel saam tot bruin en geurig Voeg kerriepoeier by en roer vinnig deur Voeg Tamatiesous en Blatjang by roer vinnig deur Voeg Bully Beef blokkies en Geblikte Kerriegroente by Meng en laat alles lekker saam prut vir 5 min Smeer brood met botter en plaas botterkant na buite in jaffle-vorm. Vul met lepels vol vulsel bo-op broodjie en sit nog ’n sny gebotterde brood bo-op; botterkant na bo Druk stewig toe, sny korsies wat uitsteek af en rooster oor hoë hitte of warm kole as jy kamp vir sowat 5 minute per kant of tot goudbruin. Sit dadelik voor saam met jou gunsteling  beker Boeretroos

Planne met Braaibroodjies

$
0
0

Almal lief Braaibroodjie! En natuurlik die traditionele tamatie, uie en kaas, sout en peper Braaibroodie bly maar tops, maar soms het mens ook lus vir afwisseling. Ek deel gou paar gunsteling vulsels idees . Piesang met spek en grondboontjiebotter Meng eers bietjie botter en mayonase smeer op broodjie, dan tamatie; uie; kaas Mozzarella kaas, uie, tamatie, fyn repies green pepper en vars gekerfde knoffel Met camembert, avokadopeer en gekarameliseerde uie Kaassmeer, Blatjang en fyn gekerfde Biltong Appelkooskonfyt met piesang, baie lekker Piesang en Kaas met bietjie rooipeper Spek, Avokadopeer, kaas en baie swart peper Gebruik Knoffelbotter om Braaibroodjies mee te smeer ipv gewone Botter, maak hom baie lekker Gerookte Hoenderborsie, skywe gesny, mozzarella kaas en avo, sout en baie peper Bros gebraaide spek, pynappelring en sweet chillie sous Salami, mozzarella kaas, uie en tamatie Peri Peri Hoenderlewertjies; uie en kaas Ham, Kaas en uie met engelse Mosterd Beestong kouevleis, Gekaramelliseerde uie en kaas Sjokolade en piesang vir jou soettand Spek, eier, kaas en maple stroop; heerlik vir kampvuur ontbyt Burger Braaibroodjie: Hamburger pattie, uie, tamatie, kaas en blatjang Gaar boerewors in dun skyfies gesny, gebraaide uie en kaas Wat is 'n braai dan nou sonder 'n Braaibroodjie?

Biltong en Kaas Paptert

$
0
0

Heerlik saam braaivleis of enige bygereg Vir die pap: 1,25 liter water 1 tl sout 750 ml mieliemeel 1 groot blik geroomde suikermielies 1/2 tl gedroogde tiemie . Bestanddele Tert: 4 el botter 1 ui, gekap 3 knoffeltoontjies, gekneus 1 pakkie knopiesampioene ; skyfies gesny 1 groot blik gekapte tamaties handvol klam gekerfde biltong Baie cheddarkaas ; gerasper Sout en peper na smaak . Metode: Verhit die oond tot 220°C. Smeer ‘n 25 cm oondvaste bak. Pap: Gooi die water, tiemie en sout in ‘n groot kastrol, voeg die suikermielies by en bring tot kookpunt Voeg die mieliemeel by en roer goed deur, sit deksel op Laat oor lae hitte gaar word en roer deur nou en dan tot gaar Tert: Braai die uie, knoffel en sampioene saam in botter tot geurig Skep helfte van die pap in gesmeerde oondskottel Smeer die geblikte tamaties bo-oor Skep gebraaide uiemengsel bo-op en versprei eweredig Sprinkel handvol gerasperde kaas oor Geur met sout en peper na smaak Skep nou die orige pap oor, gevolg met lekker hanvol biltong; dan lekker baie kaas. Bak ongeveer 30 minute, tot die kaas gesmelt en goudbruin Bedien warm, heerlik saam braaivleis of enige bygereg

Kondensmelk Mosterd Aartappelslaai

$
0
0

Heerlike onthou aartappelslaai soos ons mee groot geword het Bestanddele 4 groot aartappels 3 groot eiers - hard gekook 1 ui fyn opgekap Mayonnaise: 1 groot Bottels Crosse & Blackwell mayonnaise ½ blikkie kondensmelk 2 tl mosterdpoeier aangemaak met bietjie melk sout en peper na smaak pietersielie . . Kook die aartappels tot sag maar steeds ferm, laat afkoel In 'n groot mengbak, skil en sny die aartappels in blokkies Dop die eiers af, sny dit fyn en voeg by die aartappels Voeg fyn ui by Geur met sout en peper na smaak Meng die bottel mayonnaise met ½ blikkie kondensmelk Voeg die mosterdmengsel by en meng goed deur Giet die sous oor aartappels tot mooi klam, meng mooi deur Laat eers buite die yskas goed afkoel voor jy dit in yskas sit Hoe langer hy staan hoe lekkerder, bedek dat yskasgeure nie intrek nie Sit in yskas tot 3 dae Net voor bedien; sprinkel met die pietersielie
Viewing all 286 articles
Browse latest View live