Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all 286 articles
Browse latest View live

Ideal Melk Brood

$
0
0

Die lekkerste Broodjie - tuisgebak Bestanddele: 2 kop warm water 2 ½ teelepels aktiewe droë gis ½ Eetlepel suiker ¼ koppie gesmelte botter 1 eetlepel sout ¼ koppie suiker ½ koppie Ingedampte melk (Ideal Melk) 5-7 koppies broodmeel *1 Eetlepel botter, gesmelt (vir na brood gebak is) *bietjie kookolie Plaas die gis en suiker in 'n klein bak. Gooi die warm water (nie te warm nie) oor die gismengsel en laat dit sowat 10 minute sit, tot lekker skuimerig. . In lekker groot mengbak voeg gesmelte botter, suiker, Ingedampte melk en sout.. Wanneer jou gis mengsel gereed is, voeg dit by Voeg 1 koppie meel op 'n slag by en meng. Wanneer jy 5 koppies meel in die bak kry, voeg dan 1/2 koppies by totdat die deeg nie meer aan die kante vassit nie. . Jy sal weet dis reg as jou vingers nie meer aan die deeg klou nie. Knie goed deur vir 15 minute; maak 'n bal van die deeg Smeer dan die deeg en randte van die bak met bietjie olie en bedek die bak met 'n warm doek. Laat rys tot die volume verdubbel het . Verwyder deeg van bak, plaas dit op 'n meeloppervlak en knie af . Knie die deeg vir 5 minute . Sny deeg in twee dele en rol dit in 'n reghoek uit. Rol die deeg nou effe op en steek sy ente ondertoe in. Plaas dan in 2 gesmeerde broodpanne. . Laat rys weer tot die volume verdubbel het Bak vir 30 minute in voorverhitte oond teen 190 C. Wanneer die brood gaar en mooi bruin gebak is, smeer met botter en laat op koelrak afkoel voor dit gesny word

Spek, Spinasie en Feta Varkfillet

$
0
0

Hemelse Spinasie en feta gevulde Varkfillet, toegewikkel in spek kombersie, bedruip met stroop en goudbruin gebak ! 1 heel groot varkfillet  + - 1 kg 100g feta kaas 2 groot spinasieblare, gewas; kroon uitgesny en grof opgekap 3 knoffeltoontjies - gekneus en opgekap 12 repies spek 4 el Maple Stroop - goue stroop net so goed Sout en peper na smaak Botter Olyfolie Voorverhit oond tot 180°C. Sny Varkfillet die lengte af halfpad deur; vou oop en maak effens platter met vleishamer Geur vleis met sout en peper Plaas gesnipperde spinasie op eenkant van vleisstuk; krummel feta kaas en knoffel bo op; geur met peper en sout na smaak Stip met bietjie botter en vou Varkfillet toe Draai nou toe met spekrepies, steek vas met tandestokkies Smeer oralom met bietjie olyfolie, plaas in oondpan Bak in voorverhitte oond so 40 min tot filette net gaar is Bedruip met Maple stroop en bak tot goudbruin en krakerig Laat rus vir 10 min , verwyder stokkies en sny in verlangde skywe; bedien dadelik

Karringmelk Sjokoladekoek

$
0
0

  Hoe langer die koek staan, hoe lekkerder is dit. So maklik soos koek eet ! Kom ons bak ! . Vir die koek: **500 ml koekmeel **150 ml kakao **1½ tl koeksoda **1½ tl bakpoeier **½ tl sout 2 kop suiker 4 groot eiers - kamer temperatuur 125 ml kookolie 1 kop karringmelk 2 tl vanielje geursel . Versiersel: 350 ml water 80 g botter 1 kop suiker 1 ½ el maizena - aangemaak met bietjie water 100 ml kakao 1 tl koffiepoeier . Voorverhit die oond tot 180 C. Smeer 2 x 20 cm-koekpanne goed met botter . Klits die suiker en eiers goed tot lekker lig Voeg kookolie by en klits als saam tot romerig In aparte bak sif al die **droë bestanddele saam en vou dan bietjies, bietjies op 'n slag by suikermengsel in Voeg die karringmelk en geursel by, vou in Verdeel die beslag in die twee voorbereide panne Bak 30 min Keer uit op ’n draadrak en laat goed afkoel . Versiersel: Terwyl die koek bak - maak die versiersel: Meng al die bestanddele saam in ’n kastrol en verhit stadig. Roer aanhoudend totdat die mengsel dik is. Laat afkoel en smeer tussen die koeklae en bo-op die goed afgekoelde koek Laat koek paar uur in yskas rus voor jy opsny

Heuning en Gemmer Varkboud

$
0
0

Hierdie is 'n hemelse stukkie vleis; die gemmer en heuning komplimenteer mekaar soos vinkel en koljander. Bedien met soet groente patat of pampoen)  as jy warm voorsit. Self baie lekker vir kouevleis en slaai 1 varkboud + - 1½ kg 8 heel knoffeltoontjies sout en peper na smaak olyfolie 4 el botter aartappels ( opsioneel maar baie lekker ) *foelie . Glanseersel: ½ kop heuning ½ kop kookwater 1 el appelkooskonfyt 1 tl fyn gemmer *Meng als mooi saam in koppie tot glad . Voorverhit die oond tot 180°C. As dit nie reeds gedoen is nie, maak op 2cm afstand insnydings deur die vel en boonste laag spek met 'n skerp mes Maak diep gaatjies oralom die boud en druk heel knoffeltoontjies met jou duim diep in Vryf die boud in met sout, peper en olyfolie . Plaas in oondpan, stip oral met botter, seël die pan mooi toe met foelie, blinkkant na onder Bak die boud vir 1 uur, verwyder foelie en plaas halwe aartappels (opsioneel) in die braaipan se vleissappe, geur met sout en peper . Seël weer mooi met foelie, bak vir so 35 min, verwyder foelie, bak nou oop onder rooster Bedruip gereeld tussendeur met glanseersel tot die vel bros en goudbruin bak is . Wanneer die vleis gaar is, laat staan vir 10 minute voor dit opgesny en bedien word

Slapdeeg Biltong en Kaas Muffins

$
0
0

Ideale happie vir middagete,vinnig om te maak, lekker vir vingeretes; selfs lekker kosblik idee. Almal gaan hievan hou ! . Slapdeeg: 1 kop melk ½ kop kookolie 2 groot eiers - kamertemperatuur 1 kop koekmeel 1 tl bakpoeier aromat na smaak cayenne peper na smaak (rooipeper) ½ tl sout . Vulsel: 1 kop kaas - fyn gerasper 1 kop klam fyn gekerfde bitong Voorverhit oond na 180 C Klits melk, olie en eiers saam in groot mengbak Sif koekmeel, aromat, cayenne peper, bakpoeier, sout saam en vou bietjies op 'n slag by eiermengsel in Smeer muffinpanne goed met botter of spuit met kleefvrye kossproei Skep 2 eetlepels vol beslag in elke holte Bo op sprinkel so teelepel kaas oor elkeen, dan met knypie gekerfde bilong na smaak Vul muffinholtes nou ¾ vol met deeg Sprinkel met nog bietjie fyn biltong Bak vir 15 - 20 min tot gaar en bruin gebak Laat in pannetjies effe afkoel Sit louwarm voor met lekker plaasbotter

Macaroni-la-Vienna

$
0
0

Die is sommer 'n lekker bymekaargooi en bak dis.. Lekker smaakvolle randrekker - genoeg vir 4 . 250 g goeie gehalte gerookte viennas - happie grootte opgesny 2 kop cheddar kaas, gerasper 1 kop mozzarella, gerasper 1 ui, gesnipper 2 knoffeltoontjies - gekneus 1 tamattie - opekap 5 el botter 100 ml tamatiesous sout en peper na smaak 3 kop rou macaroni. . Voorverhit oond na 180 C . Kook macaroni in soutwater en paar druppels olie tot sag, dreineer Intussen in 'n diep pan, braai uie en knoffel tot sag in botter, voeg vienna stukkies by , roerbraai tot geurig Voeg gekapte tamatie en tamatiesous by, geur met sout en peper, prut paar minute Voeg by gekookte Macaroni; saam handvol gerasperde cheddar, Meng alles goed deur. Skep in gesmeerde skottel en strooi orige cheddar kaas, ggevolg met handvol mozzarella kaas bo-oor. Bak by 180 C tot gaar en goudbruin . Bedien dadelik, sit voor met ekstra tamatiesous, vars broodrolletjies ; groenslaai

Coca-Cola Varkboudtjops

$
0
0

Vinger aflek lekkerte ! . 4 varkboudtjops 1 blikkie Coca-Cola 125 ml tamatiesous 125 ml blatjang 125 ml gouestroop 2 el bruinsuiker 1 tl fyn gemmer Sout en peper na smaak 4 el botter Foelie Verhit oond tot 180 grade . Meng saam: Coca-Cola, bruinsuiker, tamatiesous, blatjang, stroop, fyn gemmer goed saam Plaas varktjops in oondpan, stip met botter en bedek met sous Geur met sout en peper na smaak Bedek met foelie, seel mooi en bak in voorverhitte oond vir 45 min Verwyder foelie en bak oop tot klewerig en goudbruin gebak Bedruip tussendeur met pansous Bedien met chips; uieringe en groenslaai

Geurige Kerrie Kool

$
0
0

  'n Maaltyd op sy eie; sit voor met mieliepap of as 'n bygereg . 1 koolkop grof opgekap 1 kop gevriesde ertjies 2 uie - opgekap 3 knoffeltoontjies - gekneus en opgekap 1 groot aartappel - klein blokkies gesny 1½ el sterk kerriepoeier 1 bayleave 1 kaneelstokkie ½ tl borrie 2 el asyn 150 ml kookolie 250 ml hoenderaftreksel of (enige geur knorr sous blokkie aangemaak) sout na smaak peper na smaak 1 el botter . In 'n lekker diep kastrol, verhit olie voeg bayleave en kaneelstokkie by Voeg uie en knoffel by en braai tot sag Voeg kerriepoeier by en roer vinnig deur, voeg asyn by, roer deur Pak gekapte kool bo-op gebraaide uie (moenie roer nie) Plaas aartappelblokkies en gevriesde ertjies bo op en gooi hoenderaftreksel oor Sit deksel op en laat stoomkook stadig tot droog gekook tot kool begin potbraai Voeg sout en peper na maak, voeg borrie en botter by Roerbraai stadig oor lae hitte vir paar minute, tot kool sag en geurig is, roer gedurig Bedien dadelik

Heuning en Amandel Melktert

$
0
0

  Kors: 1 pakkie tennisbeskuitjies fyn gedruk ½ kop botter ½ tl fyn gemmer . Vir die vulsel: 3 kop volroom melk 80 ml heuning 4 groot eiers ¼ kop suiker 3 el koekmeel 3 el meelblom (maziena) mespunt neutmeskaat (nutmeg) 2 el botter ½ tl amandel geursel (essence) ½ tl vanielje geursel (essence) *Kaneel - om te sprinkel . Kors: Meng fyngedrukte koekies met gemmer en gooi gesmelte botter oor, meng goed Druk die krummels op die bodem van 'n tertbak vas en sit in yskas . Vulsel: In 'n medium kastrol bring melk tot amper kookpunt In groot mengbak; Klits die eiers, heuning en suiker saam voeg nou neutmeskaat, koekmeel en meelblom by en meng saam tot mooi gladde deeg Giet nou die warm melk stadig oor die heuningmengsel, terwyl jy vinnig en aanhoudend klits, verkieslik met 'n draad klitser Skep terug in die kastrol en  terug op stoof ,  medium hitte, Kook vir paar minute; hou aan klits voortdurend tot verdik en gaar Haal Kastrol van die plaat  af en klits vinnig in die botter en amandel / vanielje geursel goed by Giet die warm vla in die voorbereide tertkors Sprinkel die tert met die kaneel . Laat dit heeltemal afkoel voordat dit bedien word

“Sweet Chillie” Sous

$
0
0

Maklike resep en heerlik ! Bottel en Bêre 2 x 450g blikkie fyn appelkoos konfyt 1 x 450g blik fyn perske konfyt 2 kop kookwater 8 groot uie 10 knoffeltoontjies 15 rooi en groen gemengde brand rissies ½ tl rooi peper (cayenne pepper) 1 el sout 2 kop wit asyn 80 ml kookolie . Rasper die uie, gooi in "strainer" en laat uiesap dreineer - druk droog met skoon doek Kap rissies baie fyn ( hoop jy het handskoene aan?) Kneus en kap die knoffeltoontjies baie fyn Verhit kookolie en braai uie, knoffel en rissies saam tot uie sag is Voeg asyn en rooipeper by en prut vir 5 minute Gooi die 3 x blikkies konfyt in groot mengbak, voeg kookwater by en klits tot mooi glad Meng nou die konfyt by gebraaide uie, roer goed deur; voeg die sout by en laat prut vir 10 minute . Laat effe afkoel en bottel dan

Suurroom-Versiersel

$
0
0

Jy sal nooit weer ander resep nodig kry om ʼn versiersel te maak nie , perfek vir enige Kolwynjie;  beste vir Wortelkoek ! 500g versiersuiker, twee keer gesif 150g  sagte Springbok Botter 200 ml Suurroom paar druppels suurlemoensap Metode: Klits die botter, suurroom en paar druppels suurlemoensap saam met ’n elektriese klitser tot romerig Voeg die versiersuiker bietjies op 'n slag by. terwyl jy aanhou met klits tot mengsel verdik het Sit in die yskas vir 30 minute. Versier afgekoelde kolwyntjies Opsioneel: Krummel flake oor; of sprinkel met kakao, of fyn gemaalde neute, einloos lekker !

Oondgeroosterde Varkpens

$
0
0

Een van die lekkerste vleisstukke van 'n varkie. Min moeite, eenvoudig, maar lekker ! + - 1½ kg varkpens (pork belly) - spekbolaag in repies gesny, tot teenaan die vleis 3 el growwe sout 15 ml growwe gemaalde swart peper ¼ tl fyn naeltjies 3 el appelkooskonfyt . Voorverhit die oond tot 180 C Meng die sout, peper, naeltjies en vryf dit baie goed oralom die varkpens en tussen die snytjies in Plaas die varkpens op ’n draadrak binne ’n oondpan en rooster minstens 2 uur As die vleis gaar en spek krakerig is, bedruip nou met Appelkooskonfyt en bak nog verdere 20 minute tot mooi goudbruin Bedien dadelik

Vrugteslaai Yskastert

$
0
0

Almal het hul gunsteling, vir my is die een 'n wenner ! 500 ml room - baie koud 1 blikkie karamel - glad geklits met 'n vurk 1 x 825g blik KOO "fruit cocktail" - stroop gedreineer geroosterde klapper . Basis: 1 pakkie tennisbeskuitjies - fyn gekrummel 125g botter - gesmelt . Meng koekiekrummels met botter en druk op bodem vas in tertbak Plaas in yskas vir 30 minute . Klits 500ml room tot stywe punte vorm Vou nou die blikkie karamel by die room in Druk gedreineerde vrugte effe droog met skoon doek, voeg by roommengsel Vou vrugte mooi in Skep op tertbasis, maak mooi gelyk, sprinkel met geroosterde klapper Plaas in yskas vir minstens 5 ure of oornag

Flippen Lekker Wildsvleis-Potjie

$
0
0

Die is kuierkos ! . 1½ kg Wilsvleis kook stukke van jou keuse 2 uie - gekap 8 knoffeltoontjies, gekneus 250g sampioene - halveer 1 groot groen soetrissie, gekap 300g gemengde droë vrugte 2 el matige kerriepoeier 2 el vars geskroei gemaalde koljander ½ tl fyn naeltjies 3 el bruinsuiker 750 ml Semi Soet Witwyn 100 ml bruin druiwe asyn 250 ml karringmelk swart peper & sout 125 ml kookolie kookwater soos nodig . Marineer die wildsvleis stukke in die karringmelk vir minstens 10 ure of oornag Spoel die vleisstukke af met water Verwarm kookolie in potjie en braai die ui en knoffel saam tot sag Voeg kerriepoeier, koljander, naeltjies by en roer vinnig deur, gooi dan asyn en bruinsuiker by, roer deur Voeg vleistukke by en roerbraai als lekker stadig saam vir 15 min tot geurig Voeg sampioen, soetrissie en droë vrugte by, gooi wyn oor, plaas deksel op, kook oor matige kole vir 2 tot 3 uur totdat die vleis sag is. Voeg tussendeur kookwater by indien vloeistof min raak Bedien met stampmielies, potbrood of selfs lekker mieliepap

Lamsvleis Breyani

$
0
0

Geurige Indiese gereg, nou nie Boerekos nie maar ons is ook mos ma lief vir its met 'n byt Ek deel hierdie basiese resep. Jy kan dit dan aanpas met verskillende vleissnitte. Maak seker jy het baie tyd vir die een . 1½ kg Lamsvleis stowevleis bv, opgesnyde skenkel of bredie stukkies 3 uie gekap 6 knoffeltoontjies - gekneus en gekap 1 stuk gemmerwortel - geskil en baie fyn opgekap 6 baba aartappels - geskil en halveer 3 el Breyani Masala 2 kop Basmati rys 1 kop sag gekookte lensies 3 kardemom sade 2 kaneelstokkies 1 tl rissie poeier 1 el borrie 2 el asyn sout na smaak 300 ml olie 4 el botter *500 ml kookolie om aarappels in te braai Method - Voorbereiding Verhit kookolie en braai aartappels tot gaar, verwyder plaas op kombuispapier . Week die rys in kookwater vir 30 minute, dreineer Gooi genoeg kookwater oor tot rys mooi onder water is Voeg sout na smaak en 1 tl borrie by en kook vir 10 minute, dreineer Sit deksel op en laat eenkant rus . Maak nou so: In 'n lekker groot pot, verhit olie, braai vleisstukke tot bruin Voeg asyn, knoffel en gemmer, koppie kookwater by en laat afkook tot vleis begin potbraai Voeg nou die res van die speserye en sout na smaak by Potbraai alles lekker stadig vir 15 minute Voeg koppie kookwater by en laat weer afkook en tot potbraai Potbraai die vleis weer so 15 min tot lekker bruin Gooi 2 koppies kookwater by en kook stadig tot sag Bo op die vleis skep nou jou rys, aartappels, botter en gekookte lensies Gooi 1 koppie kookwater oor, op baie lae hitte prut vir 30 minute Roer alles net eenmaal goed deur, sit deksel op Skakel die plaat af (los die pot op die plaat) en laat staan so vir 1 uur sonder om deksel op te lig Bedien dadelik, sit voor met skyfies piesang, blatjang en tamatie salsa

Bruin Uie Sous

$
0
0

Heerlik saam met Vleispasteitjies, Kapokaartappels, Pap of enige gebraaide vleis 1 pakkie "Knorr Gravy Brown Onion Gravy" - aangemaak soos op pakkie 3 el botter , 2 el kookolie 3 uie - in halwes gesny en dan gekap 3 knoffeltoontjies, gekneus en gekap 125ml rooiwyn 250ml kookwater 1 el bruin asyn peper na smaak Verhit botter en olie in die pot en voeg uie en knoffel by Braai die uie en knoffel lekker stadig oor matige hitte tot goudbruin Voeg die aangemaakte sous en rooiwyn by Bring tot kookpunt en prut vir ’n paar min Voeg kookwater by en kook vir 5 min Gooi asyn by, peper na smaak en roer deur Bedien dadelik

Maklike Biltong Patee

$
0
0

Dit is die perfekte voorgereg. Bedien met sout koekies of 'n Fransebroodrol. Lekker vir ontbyt saam warm gebakte skons 150g biltongpoeier ( of fyn gerasperde biltong ) 230g gewone roomkaas 60 ml vars lopende room - nie geklits gemaalde swart peper na smaak 1 el fyn vars geskroeide en gemaal koljander . Meng poeierbiltong met die roomkaas Voeg die peper en koljander by, meng goed Voeg bietjies room op 'n slag by, roer goed deur om die tekstuur te kry wat jy van hou . Hou ten minste een uur in yskas voor jy dit voorsit

Dubbel Sjokolade Potjie Poeding

$
0
0

Verras almal met die heerlike Dubbel Sjokoladepotjjie Poeding bederf vir langs die braaivleis vuur of op kamp ( genoeg vir 4 groot porsies) Beslag: 250g bruismeel 2 el kakao poeier 2 el milo poeier 125 ml suiker 2 eiers 3 el botter (gesmelt) 125 ml melk 1 tl vanieljegeursel mespunt sout 1 x 80g blok bitter donkersjokolade opgebreek in blokkies 1 x 100g giant Bar-one opgekap in stukkies . Sous: 2 kop bruinsuiker 3 el kakao poeier 200 ml kookwater 200 ml ingedampte melk . Vir die poeding beslag: Smeer platboompotjie met botter Sommer so in jou gesmeerde koue potjie, breek die eiers in en klits Voeg gesmelte botter, melk en vanieljegeursel by en meng goed deur met houtlepel Gooi nou die meel, kakao, sout, suiker en opgekapte sjokolade by eier beslag, meng deeglik deur, los net so in potjie en maak gou die sous Sous: Eenkant oppi vuur in 'n kleiner potjie meng die suiker, kakao , ingedampte melk en kookwater saam Roer totdat al die suiker opgelos is - maar nie kook nie So gemaak: Giet warm sous stadig oor die beslag in die pot Moet dit nie roer nie !! Sit deksel op en bak vir 30 minute deur kole onder die pot en kole op die deksel te pak Draai nou en dan die pot, anders gaan die een kant van jou poeding gaarder as die ander kant wees. Verwyder van hitte, laat toe staan vir 15 min **Poeding is gaar wanneer die bokant van die poeding weer terugspring en ferm onder jou vingers voel wanneer jy daarop druk Bedien met vla of roomys

“Jam Donuts”– Oliebolle

$
0
0

Ek is seker ons almal het met die bederf grootgeword Jy het nodig: 400g koekmeel 1tl sout 10g kitsgis 1tl suiker 45ml water 160ml melk 1 groot eier - geklits ¼ kop botter . *Olie vir diepbraai *Strooisuiker om in te rol *Konfyt van jou keuse Sif die meel, sout en suiker in 'n groot bak en strooi oor die gis Verhit die melk en water en voeg die botter by, roer tot dit gesmelt is, verwyder dan uit die hitte en laat afkoel tot louwarm. Voeg die eier by terwyl jy klits Voeg nou die melkmengsel by die droë bestanddele en werk in 'n stywe deeg. Meng deur met jou vingers en knie nou vir paar minute tot deeg vorm tot glad en elasties Rol in 'n bal, plaas in skottel, bedek die skottel met 'n skoon vadoek/lap of dun kombersie en plaas in 'n warm plek om te styg tot die volume verdubbel het Rol die deeg uit op 'n meeloppervlak 2 cm dik en druk groot sirkels koekiedrukker uit Rangskik op 'n gesmeerde bakplaat, bedek en sit dit op 'n warm plek om te styg totdat die volume weer verdubbel het. Verhit olie in 'n medium diep kastrol (medium hoë hitte) en braai die "donuts" aan albei kante tot goudbruin en gaar Dreineer op papierhanddoeke om oortollige olie te verwyder, rol een vir een in strooisuiker en sit eenkant om af te koel Maak dan 'n sny aan die sykant van die "donuts", druk jou vinger in om 'n holte te maak en vul dit met 'n teetlepel vol van jou gunsteling konfyt (jy kan spuittuit gebruik ook hiervoor) Sit dadelik voor

Sampioen en Biltong Sous

$
0
0

Heerlik saam met gebakte aartappels, bo-oor gebraaide vleis of schnitzel of selfs heerlik saam pasta .. 250g sampioene - gekap 3 eetlepels botter 1 el mielieblom  - ( maizena ) 250ml room ½ kop fyn biltongpoeier ½ kop koue melk sout en peper na smaak . Verhit botter in pan en braai gesnyde sampioene tot lekker bruin en geurig Meng maizena en melk in ’n koppie en klits tot gladde beslag en voeg mengsel by die gebraaide sampioene roer vinnig deur, draai plaat op laag Voeg die room by en meng goed Voeg nou biltongpoeier by en roer oor lae hitte tot verdik , sout en peper na smaak en prut paar minute. Verdun met bietjie mek indien sou verkies Bedien dadelik
Viewing all 286 articles
Browse latest View live