Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all 286 articles
Browse latest View live

Skaapnek en Groenboontjie bredie

$
0
0

So eenvoudig maar hartskos. Ou gunsteling gewees in baie van ons grootword huise, treffer keer op keer . Jy het nodig: 1 kg skaapnek, in skywe gesaag 1 el botter 2 uie, gekap 2 knoffelhuisies, fyn gekap 2 groot wortels, geskil en stukke opgesny 250 g groenboontjies, grof opgekap 3 groot aartappels - geskil en halveer 1 groot tamatie, geskil en opgekap 3 tl bisto poeier aangemaak met halwe koppie koue water 2 tl "Royco" bolognaise cook in sauce" poeier 2 el asyn sout en peper na smaak Kookwater . Plaas nekstukke in diep kastrol, gooi genoeg kouewater oor totdat vleis mooi bedek is Voeg asyn by, plaas deksel op en kook dan tot droog en vleis begin potbraai Voeg uie, knoffel en botter by en roerbraai alles saam tot lekker bruin en geurig. Gooi net genoeg kookwater oor om als te bedek, plaas deksel op en kook stadig vir 40 min Voeg jou wortels, boontjies, aartappel en tamatie by Gooi nog kookwater oor om als te dek en kook stadig tot groente sag is Sprinkel met "knorr bolognaise cook in sauce" , voeg aangemaakte bisto by, sout en peper na smaak en roer effens deur. Laat prut vir paar minute Verwyder pot van plaat en laat rus vir 10 minute voor jy bedien . Sit voor met rys, stampmielies of lekker potbrood,

Cremora Koekies

$
0
0

  Lekker koekblik bederf 2 ½ koppies koekmeel 1 koppie Nestle CREMORA 1 el vla poeier 1 tl. bakpoeier 1 tl. sout 1 kop regte botter, kamertemperatuur (baie sag) 110g roomkaas, kamertemperatuur 1 kop strooisuiker 1 tl Vanielje geursel 1 eier . Voorverhit die oond tot 170C. . Sif saam: koekmeel, cremora, vla poeier, bakpoeier en sout, hou eenkant Room die botter met roomkaas saam tot glad en romerig Voeg die strooisuiker geleidelik by, terwyl jy aanhou meng. Vou die vanieljegeursel en eier by. Meng mooi deur tot gladde beslag Voeg nou die gesifte Cremora-mengsel geleidelik by, meng tot gladde beslag Plaas in yskas vir 30 min Gebruik jou hande en rol die beslag in klein balle en plaas dit op 'n gesmeerde bakplaat en druk liggies in die middel met jou duim.of met 'n vurk Pak die koekies ongeveer 2 cm uitmekaar. Bak 15 minute in die oond tot ligbruin Laat die koekies afkoel op die plaat voordat dit na 'n rak oorgeplaas word om heeltemal af te koel

Warmbrakkies met ‘n kinkel

$
0
0

Jy sal nie sommer gou weer tamatiesous oor jou worsrolletjie gooi nie 6 Broodrolletjies Blaarslaai - opgesnipper 6 rooiworsies van jou keuse ( goeie gehalte) plus bietjie botter vir braai 3 agurkies - in langwerpige vingers in die lengte afgesny romerige koolslaai (sien onder vir resep) Mosterdsous Koolslaai: 1/2 kop mayonnaise 1/3 kop sugar 1/4 kop milk 1/4 kop karringmelk 2 1/2 tl suurlemoen sap 1 1/2 tl wit asyn 1/2 tl sout mespunt vol wit peper 8 kop, baie fyn gekapte koolkop 1/4 kop, baie fyngerasperde wortel 2 el baie fyn uie - rasper as jy kan Meng mayonaise, suiker, melk, karringmelk, suurlemoensap, asyn, sout en peper alles saam in groot mengbak. Meng baie goed tot glad. Voeg kool, wortels, en uie by, meng deur . Maak toe met cling wrap, en laat rus vir min 1 uur Maak so: Sny Broodrolletjies in lengte oop, plaas onder rooster tot goudbruin Braai rooiworsies in warm botter tot bruin, dreineer op kombuispapier Smeer geroosterde rolletjies met mosterdsous (moenie skaam wees nie) Sprinkel bietjie gesnipperde blaarslaai bo op, paar vingers agurkies Sit die gebraaide worsies bo op Skep nou genoeg koolslaai op om broodrolletjie te vul Heerlik verby

Bullybeef Pastei

$
0
0

'n lekker smul randrekker ! 1 Blik Bull Brand Bullybeef - blokkies opgesny 1 ui - fyn opgekap 2 knoffeltoontjies - gekneus 80 ml kookolie 1 tl sterk kerriepoeier 1 blikkie KOO gemengde Kerriegroente 3 el tamatiesous 2 el blatjang. Verhit bietjie olie en braai ui en knoffel saam tot bruin en geurig Voeg kerriepoeier by en roer vinnig deur Voeg Tamatiesous en Blatjang by roer vinnig deur Voeg Bully Beef blokkies en geblikte Kerriegroente by Meng en laat alles lekker saam prut vir 5 min Laat afkoel . Afronding: 1 rol blaardeeg, ontdooi 1 eier, liggies geklits met bietjie water 2 diep oondvaste bakkies + - 15 cm in deursnee (4 klein bakkies of een groot 25 cm oondbak) . Voorverhit oond 200 C Rol blaardeeg oop, sprinkel met koekmeel en rol effe platter. Druk nou jou bakkies wat jy gaan gebruik, onderstebo (die bakkie se grootte) 'n  patroon op deeg uit en sny oortollige deeg af. (jy kan die gebruik om pastei mee te versier, blaartjie of patroontjies) Skep afgekoelde vleismengsel in bakkies tot amper vol, met genoeg sous by. Plaas nou jou uitgesnyde vorm bo oor, druk liggies vas met vurk aan die kante Smeer met geklitse eier, bak vir 20 min tot goudbruin by voorverhitte oond Laat 10 minute staan voor bedien (die vulsel is baie warm !!)

Ys-Melkkoffie

$
0
0

  Heerlike drankie vir koffie liefhebbers 380 ml baie sterk filter koffie, afgekoel (espresso is heerlik) 125 ml Kondensmelk ysblokkies en fyn ys So gemaak: Vul 4 glase met ys en voeg die koffie by tot driekwart Giet die kondensmelk in 'n straaltjie stadig by (na smaak) maar so 125 ml per glas werk goed. Top met bietjie fyn ys Moenie roer nie, laat staan 2 minute dat die kondensmelk self afsak en bedien Vir Pa en Ma kan jy maar 'n sopie goeie whiskey bygooi vir 'n lekker kinkel ! Geniet !

Soet Patat Plaatkoekies

$
0
0

Die plaatkoekies smaak heerlik. Hierdie is 'n baie lekker manier vir jou kinders om groente in te kry. . Jy benodig: 1 groot patat, geskil, gekook met 3 el suiker tot sag, water dreineer en fyngedruk. Laat afkoel (werk ook goed met oorskiet patats) 2 eiers 250 g bruismeel ¾ tl fyn kaneel mespunt fyn gemmer mespunt "allspice" mespunt nutmeg -  (neutmeskaat) knypie sout 1 kop volroom melk olie vir panbraai . So gemaak: In 'n groot mengbak, meng saam koue patat en eiers Voeg bruismeel; sout ; kaneel; gemmer ; all spice; nutmeg en melk by, meng tot gladde beslag Sit die lou-oond aan en plaas 'n oondvaste bord daarin om wam te word Smeer 'n pan met bietjie olie en verhit tot matig Gebruik n eetlepel en skep paar lepels vol van die beslag op ’n keer in die pan, die plaatkoekies moenie aan mekaar raak nie. Bak vir so 3 minute, draai plaatkoekie versigtig met 'n slaplemmes om sodra dit vol lugblasies is. Bak tot hulle uitgerys en aan albei kante ligbruin is Haal uit pan en hou warm eenkant in louoond. Herhaal met res van beslag . Sit voor met plaasbotter en stroop of heuning

Peri Peri Hoenderlewertjies in die Potjie

$
0
0

Vinnige kamp ontbyt of heerlik as voorgereg by braai, of sommer maar net vir wanneer die lus jou beetpak ! . 2 x 500 g hoenderlewers, ontdooi, afgespoel en in stukke gesny 2 uie, fyngekap 3 knoffeltoontjies, gekneus 3 groen brandrissies, in lengte deur gesny 80 ml olie 150 ml Nando's Peri peri sous 2 el tamatie puree 100 ml room sout na smaak . Oor matige kole verhit die olie in ’n platboom potjie Braai die uie, brandrissie en knoffel saam tot uie bruin gebraai is Voeg nou die hoenderlewers by en roerbraai alles saam vir paar minute tot lekker geurig Voeg peri peri sous en tamatie puree by, roer deur, geur met sout na smaak en prut vir 5 minute . Net voor opdien, roer room deur en sit warm voor saam met roosterkoek

Kerrie Tamatie en Eiervrug(brinjal) Smoor

$
0
0

Heerlik saam mieliepap, kapokaartappels, stampmielies of bo oor worsrolletjies . 1 groot eiervrug, geskil in groot blokkies gesny (plaas in bakkie kouewater) 3 groot tamaties, ontvel en opgesny in blokkies 2 groot uie, geskil en fyn opgekap 1 groot soet groenrissie - blokkies opgekap 6 knoffeltoontjies - geskil en gekneus 1 el kerriepoeier 1 tl asyn 2 el blatjang 80 ml kookolie 100 ml water sout na smaak (Om tamaties te ontvel) Met ’n skerp mes maak ’n kruis aan die onderkant van die tamaties Sit tamaties in ’n bak en gooi genoeg kookende water oor om te dek Laat staan tot water afgekoel het, vryf die skil af en sny tamaties in blokkies . So gemaak: Verhit kookolie en braai uie, soet rissie en knoffel tot geurig Sprinkel kerriepoeier oor, gooi asyn by roer vinnig deur Voeg eiervrug blokkies by, roerbraai oor lae hitte vir 5 minute Voeg gekapte tamaties en blatjang by, gooi water oor, sout na smaak, Plaas deksel op en prut vir 20 minute Bedien warm, die sous kan ook lekker gevries word

Peer Krummeltert

$
0
0

'n Heerlik bros gebakte tert of nagereg op jou vingerpunte, warm of koud, die is 'n wenner ! Jy benodig: .. 410g KOO Blik Peer Helftes in stroop - (dreineer, hou stroop eenkant) 1 kop bruinsuiker (plus 2 el ekstra vir sprinkel) 1½ kop koekmeel 3 ml kaneel 3 ml neutmeskaat 1 tl bakpoeier 100 ml room gemeng met 2 el Brandewyn 2 groot eiers - geklits 2 el heuning met 100g botter - gesmelt knypie sout . Voorverhit oond 180 C . Smeer die tertbord met botter en rangskik peer helftes onderstebo op tertbord bodem Giet bietjie van die peer stroop oor die pere, gooi room oor en sprinkel so 2 el bruinsuiker oor . Krummels: Meng saam in groot mengbak: koekmeel, bakpoeier,sout, kaneel,neutmeskaat, bruinsuiker Voeg geklitste eier by, meng deur met ’n vurk Gebruik nou jou vingerpunte en krummel die deeg tot growwe mengsel Strooi nou krummel mengsel oor die pere Drup die gesmelte heuning-botter oral oor die krummel laag, laat goed intrek Plaas in voorverhitte oond en bak vir 35 min tot goudbruin Laat tert eers minstens 30 min afkoel voor jy sny Sit voor met styfgeklopte room

Pasta met Hoender en Sampioen Gebak

$
0
0

Heerlike randrekker, bedien met kraakvars groenslaai en broodrolletjies . ½ pak fatti's & monie's macaroni 3 hoenderborsies 1 ui, fyn gekap 3 knoffeltoontjies , gekneus 1 pakkie sampioene, in skyfies gesny aromat of hoenderspeserye na smaak gemengde droë kruie na smaak sout en peper na smaak bietjie olie 1 kop room kaas, gerasper . Voorverhit oond na 180 C Kook pasta soos op pakkie aangedui, dreineer en roer paar druppels olie deur, hou in kastrol Terwyl die pasta kook, sny die hoenderborsies in klein blokkies Verhit bietjie olie en braai die ui en knoffel tot geurig Voeg aromat/hoenderspeserye en kruie by Voeg hoenderblokkies by en potbraai tot bruin Voeg gekapte sampioene by, braai als lekker saam vir paar minute Gooi room oor laat prut minuut of twee Sout en peper na smaak Roer hoendermengsel by gaar pasta in, in die kastrol Skep oor na gesmeerde oonvaste bak Sprinkel handvol gerasperde kaas oor . Bak in voorverhiite oond, 20 min tot goudbruin . Bedien dadelik

Toeka se Wildswors

$
0
0

Tuisgemaak, beter kry jy hom nie. As jy so gelukkig is om 'n Wildsboudjie in die vrieskas te hê, en lief is om vleis te bewerk, dan is die een vir jou.  Wildswors uit Toeka se dae, sonder fieterjasies. 2 kg Springbok/Kudu of enige Wildsboud - binneboud - blokkies gesny 500g varkboud/skouer vleis in blokkies gesny 1 kg skaapstert vet - klein blokkies gesny (bees brisket vet werk soos 'n bom as jy nie skaapstert kry nie) *2 el geroosterde koljander, fyn gemaal *1 tl fyn naeltjies *1 el vars gemaalde swartpeper *1 tl rooipeper (cayene peper) *1 el sout *1 el knoffelsout *1 tl roosmaryn 150 ml worcestershire 50 ml bruin druiwe asyn 50 ml yskoue water 6 ysblokkies . 10g varkderms, deurgespoel en in water geweek . Meng vleis en vet blokkies mooi deur in 'n groot bak, plaas ysblokkies bo op en sit in yskas tot vleis lekker yskoud is Gooi al jou *speserye in 'n sakkie, knoop toe en skud goed Sprinkel oor vleisblokkies en meng met jou hande goed deur Meng worcestershire, asyn en water, giet oor vleis en meng verder goed deur. Plaas in yskas en laat staan 2 ure Maal vleis grof in vleismeulletjjie Stop nou jou derms, nie te styf nie Laat hang op koel plek vir een dag . Beste oor die kole gebraai

Japtrap Biltong

$
0
0

  Lus om jou eie Biltong te maak, maar nie die "fancy" geriewe soos n Biltongboks om grootmaat te maak nie. Koel komkommer, die een is vir jou. Sommer so in die oop lug soos in die ou dae. Binne 3 dae kan jy al smul. Vir die Biltong: +-1.2 Kg Topside Beesvliesstuk verkieslik met mooi lagie vet aan, C graad as jy kan kry Bruin druiwe asyn Worcestershire sous 1 x 200g Safari Biltong Seasoning Dis al ! . Plastiek biltonghakkies *lekker skerp mes om mooi egalige repe te sny, jy soek nie flenters nie - of vra jou slagter om in Biltongskywe vir jou te sny) 1 fan (waaier) - ek weet almal is jou "fan" as jy biltong het ... LOL koelste verstrek in jou huis, verkieslik geen son inkom nie . Nou so gemaak In 'n lekker groot bak, (jy wil nie eintlik die repe bo op mekaar laat le nie) gooi 125ml bruin druiweasyn, sprinkel nou paar goeie blertse Worcestershire oor dat dit helfte-helfte mengsel is Doop nou jou vleisrepe in die mengsel, vryf dit in, draai om en herhaal. Maak seker dis oralom gesmeer. Spinkel nou baie goed aan eenkant met Biltong Mengsel , draai om, en bedek met speserye. Plaas in die yskas vir 12 ure, draai tussendeur nog 1 maal om Kies die koelste verstrek in jou huis, verkieslik waar geen son inkom nie Span vir jou 'n kort draad/lyn of rakkie iewers, wat die waaier se hoogte is. *verkieslik naby aan 'n muur dat die waaier se wind terug kan stoot oor die vleis, en lekker sirkuleer Pak genoeg koerante op die vloer Hoek nou jou hakkies aan die dikste bo kant van die vleis deur Hak aan jou lyn. Die vleis moenie aanmekaar raak nie. Stel jou waaier op hoogste stelling en plaas regoor die vleis, pas waaier se kop aan tot jy tevrede is dat die lug versprei eweredig Nou is dit geduld. maar glo my die wag, die moeite werd. Na 3 dae behoort jy al te kan smul, hang af hoe dik jou snitte is. So 4 dae is hy so te se droog. Draai elke 12 uur om tussendeur drogingsproses Sit voor met 'n knipmes en yskoue bier. Geniet!

So by my Kool

$
0
0

Heel gebakte Koolkop oor die kole. So ietsie anders as die gewoon. Heerlike bygereg vir braaivleis. . 1 medium koolkop botter 125 ml room aromat na smaak rooi peper na smaak (cayenne peper) peper & sout na smaak paar knoffeltoontjies, geskil en gekneus kaas in skywe gesny 8 repe spek olyfolie *swaargewig foelie. Verwyder die koolkop se buitekantste blare en spoel mooi af onder kouewater Gebruik 'n broodbord en skerp mes. Draai die koolkop dat sy knol na onder wys, plaas op die broodbord Sny die koolkop in dik skywe soos jy brood sal sny, maar nie dwarsdeur nie., die koolkop moet nog onder by sy knol aanmekaar wees Sit 'n klontjie botter of twee tussen die gleuwe, gevolg met gekneusede knoffeltoontjies en dan paar kaas skywe Geur met aromat, rooi peper, sout en peper na smaak Pak nou die spek kruis en dwars oor koolkop Bedruip met olyfolie Gebruik nou twee 60 cm stukke swaar gewig foelie en plaas kruis oormekaar Omvou die kookop nou na bo met ‘n klein opening aan die bo-kant Giet nou die room deur die opening, bind die foelie deeglik toe, gebruik nog 'n vel foelie indien sou verkies Oor matige kole, plaas koolkop op rooster en bak oor konstante hitte so ongeveer 50 min na 'n uur Gebruik 'n sosatie stokkie en druk van bo af deur om kool te toets vir sagheid Bedien dadelik saam braaivleis

Kerriemayo – Hoenderborsies

$
0
0

Blitsvinnig en baie lekker , 'n vra-na-meer-hoender lekkerte 6 hoenderborsies, ontbeen, maar los velletjie aan 3 eetlepels olyfolie 1 groot ui - baie fyn gekap 1 groot ryp tamaties, geskil en fyn gekap suurlemoen grofgemaalde swartpeper ½ tl fyn gemmer 2 el sterk kerriepoeier 1 el bruinsuiker 1 kop witwyn 1 kop mayonnaise 125 ml ongegeurde jogurt Voorverhit oond na 180 C Verhit olyfolie in n diep pan, braai uie stadig tot uie sag en geurig Voeg kerriepoeier en gemmer by, roer vinnig deur en voeg wyn, gekapte tamatie en buinsuiker by Bring tot kookpunt en prut vir 5 min. geur met sout, grofgemaalde swartpeper Verwyder van hitte en laat heeltemal afkoel Meng jogurt en mayonnaise by Druk hoenderborsie plat op broodbord en met skerp mes sny borsies in die helfte deur (dat jy 2 plat skywe het) Pak hoenderskywe in oondvaste bak, met bietjie olyfolie Gooi  suurlemoensap oor en laat 10 min staan Gooi nou kerrie-mayonnaise mengsel oor en bak tot goudbruin aan albei kante Bedruip gereeld tussendeur bakproses Bedien met rys en beetslaai, Ook baie lekker saam broodrolletjies en groenslaai of selfs Slaptjips

Springbokboud in die oond

$
0
0

As jy so gelukkig is om 'n ou boudjie in die vrieskas te hê.. Die resep werk lekker vir enige wildsboudjie 1 springbokboud 500 ml karringmelk 10 blokkies varkspek (skaapstert of brisket vet werk ook goed) 10 heel knoffeltoontjies, afgedop 2 uie, in dik skywe gesny 250 ml Old Brown Sherry - of enige soet rooiwyn 1 tl vars gemaalde swartpeper 1 tl fyn gemmer 1 el bruinsuiker 250 ml blatjang 60 ml worcestersous sout smaak 3 el botter 80 ml olie Met 'n skerp mes maak diep gaatjies in die boud en druk in elke gaatjie ’n knoffeltoontjie Sit die boud in ’n groot GLAD plastieksak en giet die karringmelk oor. Druk soveel as moontlik lug uit die sak en seël. Sit in die yskas en laat marineer vir 2 dae. Skommel en draai sak om elke nou en dan Voorverhit die oond tot 140C Haal die boud uit die marinade, spoel af onder llopende koue water en druk die vleis droog Druk nou 'n blokkie spek in die gaatjies van die knoffeltoontjies Gebruik 'n oondvaste bak (met deksel, jy kan swaargewig foelie ook gebruik om bak dig toe te maak) Rangskik uieringe onder in oondbak Plaas die boud bo-op uie , stip met paar klontjes botter bo op Meng Old Brown Sherry, olie, blatjang, worcestersous, gemmer, bruinsuiker, sout en peper Giet oor die boud Plaas deksel (of swaargewig foelie) op; en bak stadig vir 5 ure tot die vleis sag is Verhoog die oondtemperatuur tot 180C. Haal deksel af en bak oop tot goudbruin, bedruip tussendeur met pansouse Laat die boud vir 10 min rus in oondbak voor jy opsny

Sjokolade Botterversiersel

$
0
0

Die versiersel bly maar bo, sonder fieterjasies - genoeg vir 1 koek 1 x 500 g versiersuiker- gesif 200 g sagte botter (Rama/Stork) werk ook baie goed 3 el opgehoopte kakao poeier 50 ml melk 2 tl vanielje geursel . In n groot mengbak, room die botter tot lig en donserig Voeg die gesifte versiersuiker en kakao by, dan die melk Klits als saam tot lig, voeg geursel by, klits tot romerig *wenk : Room die koek slegs wanneer dit HEELTEMAL afgekoel is, anders sit jy met n loperige storie. Plaas versierde koek in n lugdigte houer en hou in die yskas *opsioneel: krummel Flake sjokolade bo-oor, of selfs gerasperde Pepermint Crisp of rooi glans kersies. Gebruik blikkie Karamel vir jou tussen lae, heerlik

Blinkbek Goue Hoenderdye

$
0
0

Hierdie hoenderdye word eers lekker bros gebraai en dan met die lekker taai sous bygedam om dit nóg lekkerder te maak 1.5 kg hoenderdye sout en peper na smaak 4 el botter 2 el kookolie 1 el mielieblom 125 ml sojasous 8 el bruinsuiker 4 el heuning 2 el appelkooskonfyt 4 knoffeltoontjies, gekneus en fyn opgekap 1 el vars gerasperde gemmer 1 el suurlemoensap 1 kop kookwater Voorverhit jou oond tot 180 C Meng mielieblom met en 1/4 koppie koue water tot gladde pasta en hou eenkant In 'n klein kastrol oor medium hitte, kombineer sojasous, bruinsuiker, knoffel, gemmer, heuning, suurlemoensap en appelkooskonfyt met 1 kop kookwater Bring tot kookpunt, roer aanhoudend tot bruinsuiker opgelos is Voeg dan die mielieblom mengsel by Prut vir 2 min, verwyder van plaat en laat afkoel . Geur hoenderdye met sout en peper aan alle kante Smelt botter en kookolie saam in 'n groot pan oor medium hoë hitte Braai hoenderdye albei kante tot goudbruin, sowat 5 min per kant; dreineer oortollige vet Plaas hoenderdye in die oondaste bak Borsel die helfte van die afgekoelde sous eweredig oor die hoender. Plaas die bak in die oond en bak dit vir 30 min . Bedruip die oorblywende sous oor die hoender en bak nog 20 min of tot die hoender goudbruin is. Bedien warm **Wees versigtig vir aanbrand, die baie suiker in die sous kan dit aanbrand en dan bitter laat smaak

Staatmaker Vanilla Sponskoek

$
0
0

Wen resep vir 'n veerligte sponskoek, jy sal elektriese klitser hiervoor benodig. Hou by 15 minute tydsberekening, jy sal nie spyt wees met eindresultaat nie 2 kop koekmeel 1 ½ kop witsuiker 4 groot eiers 1 kop melk 40 ml kookolie 2 tl bakpoeier 2 tl vanilla . Versiersel: Aarbei konfyt Styfgekopte room Versiersuiker . Voorverhit oond 180° C Verhit melk en olie saam tot net onder kookpunt verwyder van hitte In 'n groot mengbak, gebruik 'n elektriese klitser, klits eiers en suiker saam vir 15 min op hoe spoed tot lig en romerig (dis baie belangrik vir 'n ligte tekstuur) Voeg nou koekmeel om die beurt bietjies, bietjies by en meng goed deur tot gladde beslag Gooi warm melk by, vou in tot gladde beslag Voeg vanilla by en vou in en laastens bakpoeier, vou liggies deur Gooi oor na 2 gesmeerde koekpanne, bak in voorverhitte oond 25-30 min As koek goed afgekoel is smeer een laag helfte met konfyt, top met styf geklopte room Plaas nou 2de laag bo-op en strooi net versiersuiker oor

Zoerdoef

$
0
0

My weergawe van die heerlike tuisgemaakte Granadilla Liqueur met pynappel kinkel <PG18> 5 x 115g Rhodes – Granadilla Pulp 1 x 410g blikkie pynappelstukke - stroop gedreineer en hou eenkant 3 kop wit suiker 750ml Vodka In 'n groot glasbak, meng suiker, Granadilla Pulp en pynappelstroop saam tot suiker opgelos is . Maak toe met kleefplastiek en plaas in yskas oornag Bring dan tot kookpunt, draai hitte af en prut 5 min Laat afkoel en gooi terug in glasbak, maak toe met kleefplastiek Plaas in yskas vir 12 ure Meng Vodka by, meng en bottel Hou koud in yskas

Ham en Kaas Wawiele

$
0
0

Heerlike vingerhappie, kinders is dol hieroor. Vinnig en maklik Lekker vir ligte ete saam kraakvars groenslaai 1 x 400g Blaardeeg ontdooi 1 eier geklits 8 snye ham 1 kop gerasperde kaas tamatiesous gemengde droë kruie na smaak bietjie botter   Voorverhit oond na 180 C en smeer 'n bakplaat met botter Rol blaardeeg oop en smeer lagie tamatiesous Pak die ham snytjies bo op, gevolg met gerasperde kaas Rol die deeg styf op Sny in 2cm wielietjies Pak op bakplaat en smeer met eier Sprinkel met gemengde kruie Bak in voorverhitte oond +- 15 min tot goudbruin Bedien warm
Viewing all 286 articles
Browse latest View live