Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Karamel Toffie Sous

$
0
0

Heerlik vir roomys, waffels of pampoenkoekies of poedings. `n Droom vir elke soet tand. (maak ongeveer 3 koppies) 2 kop vars room 1½ kop suiker ½ kop water ¼ kop botter ½ tl sout Verhit die room oor medium hitte. Moenie dit laat kook nie, hou dit net warm In 'n diep swaarboom kastrol met lang handvatsel, roer die suiker en water oor hoë hitte, roer tot die suiker heeltemal oplos is Stop dan om te roer en bring tot kookpunt Kook totdat dit 'n diep oranje kleur bereik - (Dit sal van 8 tot 15 minute enige plek neem) Jy sal liggeel strepe sien dan donkerder kleur vorm in die middel van die borrellende suiker As jy dit sien, kantel die kastrol versigtig deur die handvatsels te gebruik, sodat stroop kant toe beweeg, By die eerste teken van rook uit jou karamel, verwyder van die plaat af Teen hierdie tyd moet dit baie donker kleur wees (Jy soek hier 'n donker karamel, want jy sal room voeg, moenie skrik en van hitte verwyder as dit nog net bleek goud is nie!) .. Gooi die warm room onmiddellik by Gebruik 'n draad klitser om dit kragtig te klop. Wees baie versigtig - die karamel gaan stoom en borrel Voeg die botter en sout by en klop tot glad Plaas terug op stoofplaat en oor medium hitte, prut vir 5 min Laat dit afkoel en gooi dit in 'n glas houer met deksel. Dit sal minstens twee weke in die yskas gehou kan word

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Latest Images

Trending Articles