Quantcast
Channel: Boerekos – Kook met Nostalgie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 286

Klewerige beesvleis roerbraai met vetkoek

$
0
0

vetkoeksteak

  ....so ietsie anders en vingeraflek lekker variasie vir vetkoek 700 g "tenderised steak" in lang repies gesny repies 2 groot uie in ringe gesny 4 knoffelhuisies; gekneus 60 ml kookolie 60 ml botter 100 ml sjerrie (OBS) 1 tl fyngerasperde, vars gemmerwortel 60 ml sojasous 100 ml tamatiesous 100 ml blatjang 100 ml coca cola 60 ml worcestershire sous 15  ml swartpeper sout na smaak . 4 groot vetkoeke blaarskaai mayonaise . In lekker groot mengbak, geur die vleis repies met sout en peper, vryf goed in Verhit die olie en botter tot baie warm. Blitsbraai die vleisrepies vir ’n paar sekondes en voeg die uie, knoffel en gemmer by Braai als lekker saam, roer gereeld tot vleis mooi bruin is Voeg dan soyasous; sjerrie; tamatiesous ;blatjang; coke en wworcestershire sous by Roerbraai tot klewerige begin raak Sny jou vetkoek oop, smeer met bietjie mayonaise; vul met kraakvars blaarslaai, skep warm roerbraai op Bedien dadelik

Viewing all articles
Browse latest Browse all 286