![krummellamstjops]()
'n heerlike alternatief vir daai ou allerdaagse lamstjoppies!
8 tot 10 loin lamstjops
2 pakkies royco uiesoppoeier
400 ml vars broodkrummels
10 ml roosmaryn
3 eiers - geklits
100 ml kookolie om te braai
suurlemoen wiggies om voor te sit
Voorverhit oond 180 C
Gooi soppoeier in 'n diep mengbak, rol die tjops een vir een in soppoeier bedek oral om.
Doop dan in die geklitse eier, dan in broodkrummels, maak seker dis mooi bedek, druk krmmels met palm van jou hand effe vas
Plaas tjops langs mekaar op skinkbord, plaas in die yskas vir 'n 45 min
In 'n lekker groot pan, warm die kookolie, braai die tjops paar minute aan albei kante tot ligbruin, plaas oor na oondpan , sprinkel met roosmaryn, bak in voorverhitte oond vir 30 minute tot goudbruin
Sit voor met suurlemoen wiggies